AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Gruwelstories oor paaie uit Noordwes

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Een van die swakste paaie in Noordwes is die die R507 tussen Delareyville en Ottosdal. Foto: Verskaf
Een van die swakste paaie in Noordwes is die die R507 tussen Delareyville en Ottosdal. Foto: Verskaf
Van die R7 miljard wat Noordwes van 2011 tot 2020 vir die onderhoud van provinsiale paaie gekry het, is R2 miljard aan die tesourie teruggegee.

Toe ’n parlementslid tydens die departement van vervoer se begrotingsdebat op 18 Mei die “algehele ineenstorting van provinsiale en munisipale padinfrastruktuur” in Noordwes betreur het, was dit nie die eerste keer dat dit aan politici genoem is nie.

Mnr. Sello Seitlholo, DA-lid van die portefeuljekomitee oor vervoer, het gesê inwoners in landelike gemeenskappe in Noordwes kan “gruwelstories” vertel van padbouprojekte wat met groot fanfare bekend gestel word, maar ná jare steeds “spoke” is, en beweging tussen dorpe bemoeilik, veral as dit reën.

Waar wel aan paaie gewerk word, hou dit nie lank nie, het Seitlholo gesê. “By die dorpies Tlapeng, Mocweding, Mokasa en Matlapaneng het pad D201, wat in 2011 ’n teerpad sou word, teen R18 miljoen ’n nuwe gruislaag gekry. Ná stortreën ’n maand na die padwerk, was die pad weer so swak dat inwoners nie toegang tot openbare vervoer en skole kon kry nie.”

Seitlholo het gesê dit kan toegeskryf word aan ’n gebrek aan koördinasie tussen die nasionale en provinsiale owerhede, en die gevolglike onderbesteding van begrotings. Noordwes het van 2011 tot 2020 R7 miljard vir die onderhoud van provinsiale paaie gekry, maar hy moes R2 miljard aan die tesourie teruggee.

Volledige padverslag

Me. Carien Visser, DA-parlementslid en -verteenwoordiger in die nasionale raad van provinsies, sê sy het reeds in 2018 ’n volledige padverslag oor die toestand van Noordwes se paaie aan die provinsiale wetgewer voorgelê.

“Ek het die ‘ry veilig’-groepe wat daardie tyd bestaan het, om kommentaar gevra en het binne ’n dag soveel klagtes gekry dat ek 800 bladsye kon indien. As ek van Noordwes af Vrystaat toe ry, moet ek ’n ompad van sowat 200 km ry.”

Visser sê die pad tussen Sannieshof en Rostrataville dra baie verkeer, veral vragmotors wat tydens oestyd graan vervoer. “Op daardie pad is al vier keer kontrakteurs aangestel om dit reg te maak. Hulle word R42 miljoen tot R65 miljoen betaal, maar niemand inspekteer eens die werk nie. Soms skraap hulle net die skouers van die teerpad, vul die slaggate op en verf die pad, dan is die geld op . . .”

Volgens Visser is die R507 tussen Delareyville en Ottosdal in ’n baie swak toestand, al is daar verskeie kere halfhartig probeer om dit reg te maak “met sakkies droë teer wat hulle uitgooi, vasstamp en dan gaan hulle”.

“Daar is al mense dood op daardie pad. Die pad tussen Delareyville en Setlagole wat die N14 met die N18 verbind, is in net so ’n verskriklike toestand. Tussen Koster en Lichtenburg het staatsvoertuie ook al ongelukke gemaak.”

Visser is ook bekommerd oor die tientalle graan- en mangaanvragmotors wat elke dag op die N14 ry sonder dat daar een werkende weegbrug op enige van die paaie is.

R507 Noordwes
Die swak toestand van paaie in Noordwes word toegeskryf aan ’n gebrek aan koördinasie tussen die nasionale en provinsiale owerhede, en die gevolglike onderbesteding van begrotings. Foto: Verskaf

Grondpaaie ‘sleg tot hopeloos’

Mnr. Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri Noordwes, sê Noordwes het sowat 6 000 km teerpaaie, en 24 van die paaie word deur Sanral bestuur. “Ons het lank en intens onderhandel om die owerheid te oortuig om die paaie wat Noordwes met ander provinsies en lande (Botswana) verbind, tot Sanralpaaie te verklaar. Hulle toestand is goed.”

Du Toit sê hul grootste probleem is die provinsie se sowat 15 000 km grondpaaie, waarvan die toestand “sleg tot hopeloos”.

“Paaie in ons provinsie gaan voortdurend agteruit en die agterstand vir padonderhoud word net al hoe groter. Dit gaan nie net oor die padoppervlak nie, maar ook oor die padskouer, die bome langs die pad en die duikslote.”

Hy sê as paaie nie reg geskraap word nie, raak hulle hol plekke waarin die water afloop. “Die pad raak ’n waterafleibaan.”

Hy meen die groot probleem is baie lae produktiwiteit, swak bestuur en ‘n gebrek aan ’n padingenieur wat sy sout werd is. Soos in vele ander departemente is daar ‘n groot probleem met korrupsie. “Die paaiedepartent het steeds ’n administrateur. Dit dra by tot die probleem dat die werk nie gedoen word nie.”

Goeie aanmeldingstelsel

Du Toit sê hulle het al jare ’n goeie padaanmeldingstelsel, wat rekord hou van die posisie van probleme, die nommer van die pad waar die probleme is en foto’s.

Tog sê opportunistiese politici elke keer wanneer die padprobleme in die media opgehaal word, hulle het nie die inligting nie. Du Toit sê die departement kry die inligting, die probleem is toepassing.

“Ons het ’n goeie padforumstelsel in die provinsie met riglyne oor hoe dit op provinsiale en distriksvlak moet funksioneer. Ten spyte van al die gepraat en die ondernemings wat gegee word, word die werk nie gedoen nie. Die behoeftes is groot. Daar is nie genoeg geld vir alles nie, maar ons het ’n voorkeurlys opgestel.”

Hy sê dit werk nie om klein en mediumgroot sake-ondernemings by padbou te betrek nie, wat handhaaf nie behoorlike standaarde nie en die werk word nie geïnspekteer nie. “Dit geld ook kontrakteurs op teerpaaie wat baie swak werk doen en die volle bedrag geld ontvang sonder dat inspeksies gedoen is. As jy jou oë uitvee, is daardie paaie weer stukkend.”

Boere spring in

Volgens Du Toit is boere is “noodgedwonge besig om paaie self reg te maak, of dit wettig is of nie. Hulle doen dit uit nood. As hulle dit nie doen nie, kan hulle nie die oeste inbring na die silo’s nie.”

Visser sê tussen Tosca en Vergeleë word 75% van die land se aartappelmoere geplant. ’n Boer het op ’n vergadering gesê hulle kan nie meer produseer nie, omdat die dieselvragmotors nie tot by hulle kan kom nie. Binne vier maande het 40 vragmotors se bladvere gebreek.

Boere moet self die instandhouding van die paaie doen met wat hulle ook al, sê Visser. Intussen “staan die padskrapers by Stella in ’n kampie toegesluit, omhein, met een man wat hulle oppas”. Hulle word nie gebruik nie.

Du Toit sê hulle probeer om van die owerhede vir die boere vrywaring te kry. “Die oplossing lê werklik in die privatisering van die onderhoud van paaie. As ek sê privatisering, dan bedoel ek as sekere paaie in die kommersiële gebiede aan geprivatiseerde tenders blootgestel kan word, en nie aan die swakhede van die departement nie, kan dit werk.”

Noordwes het ’n “weldeurdagte” padmeesterplan, wat hoofroetes en sekondêre paaie identifiseer en toegang gee tot feitlik alle gebiede om by ’n hoofroetepad uit te kom. “Ons sal moet voorkeur gee aan daardie paaie, sodat ons die min geld beter kan gebruik.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Net een lewe doen dit volheid
Ek soek na Liefde en harmonie, Ek is mal oor reís Lief vir golf speel en gym Om met vriende en Familie sosiaal te wees
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot