
Gunstige prysneigings is deur middel van 'n ontleding van grondpryse in Limpopo, Gauteng en KwaZulu-Natal waargeneem.
Die ontleding van grondverkope is gedoen op transaksies vir grond van groter as 10 ha wat vanaf Februarie verlede jaar tot Januarie vanjaar plaasgevind het.
In Limpopo was 558 ooreenkomste wat 238 378 ha teen R3,144 miljard behels het. Daarvan was 18% transaksies van kleur.
Dié soort transaksies sluit in verhandelings tussen individue, regeringsaankope van landbougrond en grond verkry vir stedelike ontwikkeling. Dit het 14,2% van al die verhandelde hektare in Limpopo teen R453 miljoen (14,4 % van die totale waarde) behels. Altesame 195 (35%) van die transaksies was vir grond kleiner as 50 ha.
Gauteng en KwaZulu-Natal
In Gauteng was daar ?462 transaksies wat ?60 636 ha teen R7,337 miljard behels het. Daarvan was 115 (25%) ooreenkomste van kleur. Meer as 60% van die transaksies was vir grond kleiner as 50 ha. Carletonville en Leandra se grondpryse het met amper 10% gestyg.
Altesame 372 transaksies? in KwaZulu-Natal het grond van 123 041 ha teen R2,9 mil- jard behels. Daarvan was? 30% transaksies van kleur wat 43 661 ha (35,5%) teen R949 miljoen behels het. Sowat 28% van die transaksies was vir grond groter as 300ha.
* Geskryf deur Johann Bornman, voorsitter van Agri Development Solutions. Hy doen 'n grondoudit met die samewerking van Landbou.com en Landbouweekblad.