AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Gunstige neigings vir plaasgrond

Plaasverkope in Limpopo, KwaZulu-Natal en Gauteng het oorwegend goeie pryse die afgelope jaar behaal.

Gunstige prysneigings in plaasverkope is in Limpopo, KwaZulu-Natal en Gauteng waargeneem met slegs 14 distrikte waar pryse die afgelope jaar gedaal het.

Hierdie ontleding van grondverkope in Suid-Afrika is van transaksies vir grond wat groter is as 20 ha in Limpopo, KwaZulu-Natal en Gauteng vanaf Oktober verlede jaar tot September vanjaar.

In Limpopo was 536 ooreenkomste wat 202 651 ha teen R2,830 miljard behels het. Daarvan was 18% transaksies van kleur. Dié soort transaksies sluit in verhandelings tussen individue, regeringsaankope van landbougrond en grond verkry vir stedelike ontwikkeling.

Dit het 16% van al die verhandelde hektare in Limpopo teen R443 miljoen (15,6 % van die totale waarde) behels. Altesame 187 (35%) van die transaksies was vir grond kleiner as 50 ha met 189 transaksies vir grond groter as 300 ha.

In Bela-Bela is 18 transaksies beklink, wat die gemiddelde prysneiging vir die jaar tot September met 24,9% verbeter het. In Soekmekaar is 38 transaksies van 7 475 ha aangeteken, teen 'n gemiddelde hektaarprys van R54 442.

Altesame 327 transaksies in KwaZulu-Natal het grond van 116 946 ha teen R2,856 miljard behels. Daarvan was 30% transaksies van kleur wat 39 933 ha (34,1%) teen R1 001 miljoen behels het.

Sowat 30% van die transaksies was vir grond groter as 300 ha, terwyl 33% vir grond kleiner as 50 ha was. In Vryheid is vyf transaksies afgehandel teen 'n gemiddelde prys van R5 442 per hektaar.

In Gauteng was daar 434 transaksies wat 88 097 ha teen R6,552 miljard behels het. Daarvan was 97 (22%) ooreenkomste van kleur. Byna 60% van die transaksies was vir grond kleiner as 50 ha.

Lees die verskillende afdelings van die ontledings van Plaasverkope op Landbou.com hier:

* Statistiek oor die verhandeling van landbougrond per distrik binne 'n provinsie vir die afgelope 12 maande.

* Opsomming: Meer besonderhede oor plaasverkope binne 'n distrik vir die afgelope 12 maande.

* Verspreiding bevat besonderhede oor die randwaarde per hektaar van transaksies in elke distrik van Suid-Afrika.

* Johann Bornman is 'n ekonoom en voorsitter van Agri Development Solutions.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-1.3%
Rand - Pond
20.11
+0.1%
Rand - Euro
17.64
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,713.07
-0.2%
Silwer
20.66
+0.1%
Palladium
2,253.50
-0.2%
Platinum
925.00
+0.3%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot