AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

GWK-boere verdubbel aanplant van lusern

Die oppervlakte onder lusern in GWK se bedieningsgebied het die afgelope vyf jaar verdubbel.

GWK-boere se oppervlakte onder lusern het die afgelope vyf jaar meer as verdubbel.

Vanjaar sal dié boere na raming op 20 000 ha lusern plant, vergeleke met 9 000 ha vyf jaar gelede, het mnr. Fanus Linde, hoof van voer en vesel by GWK, op 'n boeredag van die MPO Noord en Vrystaat gesê.

Op die 20 000 ha kan sowat 400 000 ton na verwagting geoes word, waarvan 90 000 ton vir die binneland bestem is.

Voer lusern uit

GWK voer sedert 2010 lusern uit. “Uitvoer het daartoe gelei dat boere meer lusern aanplant, met die voordeel dat daar nou ook meer lusern vir binnelandse verbruik beskikbaar is. Die opvatting dat uitvoer die lusernprys verhoog het, is verkeerd, want die aanbod van lusern het groter geraak,” het Linde gesê.

Die binnelandse mark bly vir GWK baie belangrik, het hy gesê. Hieronder tel melkboere, wildboere en voerkrale.

Volgens Linde word die meeste plaaslike lusern steeds deur boere vir eie verbruik geproduseer. Akkurate syfers is nie beskikbaar nie, maar na raming was die totale plaaslike lusernproduksie verlede jaar sowat 1,5 miljoen ton, waarvan 650 000 ton verhandel is, hetsy plaaslik of internasionaal.

Ook na Midde-Ooste

Internasionaal is die belangrikste uitvoerbestemmings die Midde-Ooste (Saoedi-Arabië, Verenigde Arabiese Emirate, Katar, en Koeweit/Oman) en die Verre-Ooste (China, Japan, Taiwan en Korea).

GWK voer lusern uit na 'n melkery in Saoedi-Arabië waar 25 000 koeie/dag gemelk word. “Ons gaan na verwagting vanjaar 28 000 ton aan dié melkery lewer.”

Linde sê die melkery se bestuur is baie akkuraat en daar word baie aandag aan voedingsbestuur gegee. Die hoë vereistes wat sulke kliënte stel, strek tot voordeel van Suid-Afrikaanse boere omdat plaaslike lusern se gehalte in reaksie hierop verbeter het, het Linde gesê.

Grootste produsente van lusern

Die wêreld se groot lusern-uitvoerlande is Amerika, Mexiko en Europese lande.

Linde het gesê toe Suid-Afrika lusern begin uitvoer het, was die prys van Suid-Afrikaanse lusern tussen $50 en $80 Amerikaanse dollar laer as wat vir Amerikaanse lusern betaal is. “Ons voer egter nou lusern uit teen pryse wat hoër is as wat vir Amerikaanse lusern betaal word. Dit is dus onwaar dat ons lusern nie so goed soos hulle s'n is nie.”

Volgens Linde gee Amerikaanse lusernboere baie aandag aan gehalte en span tegnologie baie doeltreffend in, onder meer omdat hulle nie baie arbeiders het nie.

Meksiko se gehalte

In Meksiko is die klimaatstoestande en boerderypraktyke baie soos Suid-Afrika s'n, maar daar is nog baie lusern wat nie van goeie gehalte is nie – die blaartjies is klein en die lengtes tussen die nodes van die blare op die stingel groot.

Linde verwag egter dat Meksiko toenemend 'n groot rol as lusern-uitvoerland gaan speel. Europa se voordeel is dat sy afstand na uitvoerbestemmings klein is en dat die lusern in oop skepe deur die Suez-kanaal na die Midde-Ooste, veral Libanon, vervoer kan word.

Linde sê daar is Suid-Afrikaanse boere in Georgië wat die afgelope jaar redelik ernstig met lusern begin boer het, en wat ook dié voordeel van 'n kort afstand na uitvoermarkte sal geniet.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot