AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6905
-15,00
CORN
19 Okt
-
3078
-7,00
SOYA
19 Okt
-
7180
-25,00
SUNS
19 Okt
-
9910
182,00
WEAT
19 Okt
-
5730
-12,00
WMAZ
19 Okt
-
3178,40
-21,60
YMAZ
19 Okt
-
3341,2
-14,80
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

KYK! GWK vertel die storie van Ou MacDonald in SA

akkreditasie
Ou MacDonald Het ’n Plaas. Foto: Skermgreep
Ou MacDonald Het ’n Plaas. Foto: Skermgreep
GWK se animasie-advertensie, Hierdie Man Bou ’n Ruimtetuig, wat Loerie- en drie Pendoring-toekennings verower en opslae in die landbou en onder die wyer publiek gemaak het, is opgevolg met ’n nuwe advertensie.

Die advertensie is vandag amptelik in Kaapstad bekend gestel. Dit heet Ou MacDonald Het ’n Plaas. Dit vertel die storie van Ou MacDonald, Frank (die boer van die eerste advertensie) se pa.

In 2015 het GWK besluit om die publiek se aandag na boere verskuif deur die régte storie te vertel van die Suid-Afrikaanse landbou en die ongelooflike werk wat mense in die bedryf doen. Hiervoor is die storie van Frank (die boer), Frikkie (sy seun) en Flip (hul plaashond) vertel.

Die boodskap was duidelik, lui ’n verklaring: “Boere bou ruimtetuie, want sonder hulle sal die res van die wêreld (soos wetenskaplikes en ingenieurs) nie die breinkos hê om ruimtetuie te bou, of die ander werk te doen wat die wêreld nodig het om ’n beter toekoms te bou nie.”

Die advertensie is sowat 1,4 miljoen keer op GWK se Facebookblad en YouTube-kanaal gekyk.

Die nuwe storielyn

Ou MacDonald Het ’n Plaas bied agtergrond oor waar Frank se passie vir die landbou gebore is, hoe die bedryf met verloop van tyd verander het, hoe tegnologie die wêreld van voedselverskaffing verander het, en hoe kennis tussen generasies oorgedra word.

Dit bied insig oor waar Frank se passie vir die landbou gebore is, en neem die kyker saam op die twee se lewensreise.

GWK het die agentskap MullenLowe en die animasie-vervaardigers Bewilder TV, met die ondersteuning van John Deere Financial en Valley Irrigation as vennote, betrek om hierdie opregte, kreatiewe advertensie te skep.

Mnr. Neil de Klerk, uitvoerende hoof van bemarking en kommunikasie by die GWK Groep, vergelyk die benadering tot die projek met boere wat hul opbrengste verbeter. “Hoe verbeter jy op iets wat rééds bitter goed is?” sê hy oor die opvolgadvertensie. “Dít is presies wat boere elke dag moet doen. Albei hierdie animasieproduksies is ook deur plaaslike talent vervaardig, en dit is iets waarop ons baie trots kan wees.”

De Klerk sê hulle hoop dat kykers dieselfde reaksie op die tweede advertensie sal hê: “Die reaksie van mense op die eerste advertensie was vir ons spesiaal. Ons hoop dat die nuwe advertensie ook tot mense se harte sal spreek.”

Mnr. Kirk Gainsford, kreatiewe direkteur van MullenLowe, beaam dat die sukses van die eerste advertensie die produksie van die tweede een uitdagend en opwindend gemaak het. “Ons het geweet ons kan nie iets vervaardig wat net so goed as die vorige een is nie, ons moes iets béter maak.”

“Sedert ons die nuwe storielyn van die agentskap ontvang het, het dit ons twee jaar gekos om die nuwe stel, karakters, plaas en items te ontwikkel,” sê mnr. Ruan Vermeulen van Bewilder TV oor hierdie enorme projek.

Die storie speel af in 90 sekondes deur die gebruik van verskeie animasie-tegnieke.

Opgedra

Tydens die bekendstelling het De Klerk opgemerk dat hulle hoop dat die advertensie nie net mense sal inlig oor die uitsonderlike werk wat boere doen nie, “maar ook aan boere, wat onder meer in die wurggreep van droogtetoestande is, hoop sal gee. Hierdie projek word opgedra aan elke persoon wat in landbou werk om ’n beter toekoms vir ons almal te verseker.”

Die Afrikaanse weergawe van die advertensie kan later aanlyn gesien word, en sal vir die eerste keer tydens die nuwe program waarby GWK betrokke is, Ons Boere, Ons Inspirasie, op 3 Oktober om 21:00 op kykNET uitgesaai word.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.53
+1.2%
Rand - Pond
20.06
+0.7%
Rand - Euro
16.90
+1.0%
Rand - Aus dollar
10.87
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Goud
1,769.80
+0.2%
Silwer
23.69
+2.1%
Palladium
2,102.50
+3.9%
Platinum
1,043.68
+0.4%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,190
-0.1%
Alle aandele
66,776
-0.0%
Hulpbronne 10
63,288
-0.5%
Industriële 25
84,981
+0.6%
Finansiële 15
14,022
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Romantic boerseun. Lief vir die lewe kos maak en lekker lag
Ek is anders as die gewone. Is n joker met n diep kant. Skryf gedigte love die lewe. N besighede man met n fun kant
Nuwe begin, nuwe hoop, nuwe lewe
Ek is n inspirerende mens wat enige iets wat op my pad kom sien as n getuienis om God se Naam groot te maak. My hande staan vir niks verkeerd nie. Ek hou van sport en om tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot