AFGRI
BEAN
31 Jan
-
9862,2
149,20
CORN
31 Jan
-
4655
45,00
SOYA
31 Jan
-
9425
-4,00
SUNS
31 Jan
-
11029,8
-192,20
WEAT
31 Jan
-
6782
51,00
WMAZ
31 Jan
-
4430,2
-51,80
YMAZ
31 Jan
-
4553
-52,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Gyselaars op hul plaas weens misdaad

Die eienaars van ’n Kaapse groenteboerdery wat vanjaar sy 50ste bestaansjaar vier, oorweeg dit om kosproduksie te laat vaar weens ’n eindelose aanslag van misdadigers.

Mnr. Edwin Buhr van die familie-groenteboerdery Edwern-Heim buite Kraaifontein in die noordelike voorstede van Kaapstad het tussen 20 Januarie en middel Maart 31 sake by die polisie aangemeld wat verband hou met volgehoue diefstal, vandalisme en onwettige betreding op die plaas.

Kort voor Kersfees is mnr. Lourenzo de Bruyn, die plaas se werktuigkundige, ernstig beseer toe diewe wat hy verjaag het terwyl hulle helder oordag groente op die plaas gesteel het, hom met ’n mes en skroewedraaier in sy knieë en bors gesteek het en hom verwoed geslaan en geskop het. De Bruyn ontvang steeds fisioterapie ná die aanval.

Oor die jare het die boerdery reeds sowat R10 miljoen aan sekuriteitsmaatreëls bestee, met beperkte sukses. Booswigte intimideer die plaas se sekuriteitswagte en jaag selfs plaaswerkers uit hul huise om koperkrane en elektriese drade te steel om vir skroot te verkoop.

Daar is al drie maal op mnr. Rudi Engelke, bestuurder van die boerdery en Edwin se skoonseun, geskiet, en drie van sy werknemers het ook al onder ’n koeëlreën deurgeloop. In 2004 is die Engelkes se neef, mnr. Bernhardt Buhr, doodgeskiet tydens ’n roof van die plaas se kontantlone.

Te min speurders

Van die 31 sake het dadels gekom – Engelke kry telkemale ’n paar weke ná die klag ’n SMS dat die saak gesluit is weens ’n gebrek aan bewyse. “Die Kraaifontein-polisie hanteer op ’n daaglikse basis moorde en ander erge misdaad, dan is dit te verstane dat kosdiefstal nie ’n prioriteit is nie. Na my mening is plaasaanvalle egter ’n aanval op ’n nasionale sleutelpunt,” sê hy.

Brigadier Gerda van Niekerk, die plaaslike stasiekommissaris, sê die stasie het onlangs 60 ekstra polisielede bygekry, wat meer sigbare polisiëring moontlik maak. Hul speurtak kan egter steeds nie die mas opkom nie. “Dit is ’n spesialisarea en jy gryp nie sommer net ’n speurder uit die lug nie,” sê sy.

Mnr. Dieter Buhr, Edwin se seun, het ’n jaar gelede ’n hektaar lusern geplant om te sien of dit as ’n alternatiewe produk op die plaas verbou kan word. “Dit is nie ’n aartappel, kool of pampoen wat ’n waarde het vir diewe nie. Ons hoop dat ons met hierdie strategie en ’n paar nuwe idees oor veiligheid en sekuriteit nog ’n paar jaar tyd op die plaas kan koop, maar dis net ’n kwessie van tyd voordat die misdadigers hier by ons en omliggende plase die oorhand gaan kry. ’n Mens kan net tot op ’n punt baklei en dan moet jy die streep trek.”

Hernieude aanslag

Toe Engelke 25 jaar gelede op die plaas gekom het, was daar geen omheining nie. Een heining van 1,2 m is verhoog tot 1,8 m, toe is nóg ’n 1,8 m-heining bygevoeg. Albei dié heinings is verhoog en ’n elektriese heining is bygevoeg. “Maar niks het ooit volkome gehelp nie. As ons in die oggend wakker word, dan is daar stukke van die driedubbele heining met ’n vragmotor totaal uit die grond gepluk en weggery om as skrootyster verkoop te word.”

In 2007 kon hulle danksy ’n uitstekende koolprys ’n muur byna reg rondom die plaas bou. Hulle moes dit ná ’n jaar hoër maak en nog ’n jaar later ’n elektriese draad bo-op die muur aanbring. “Dit het die skelms lank uit die plaas gehou, maar die afgelope ses maande is hulle met mening terug. Dit is ’n groep jong manne wat die area, ten spyte van allerhande tipes sekuriteit, totaal vernietig.”

Eers het die booswigte die elektriese draad bo-op die muur met takke en pale begin aftakel. Toe begin breek hulle sommer gate in die muur om aartappels te steel. “Daar was sommige nagte tot 15 mense in die landerye besig om te steel,” sê hy.

Negatief

Me. Liezel Buhr-Engelke, Edwin se dogter en Rudi se vrou, meen dit is moeilik om optimisties te bly in hierdie omstandighede. “Dit bly ’n negatiewe omgewing waarin ons boer en dit beïnvloed ons. Ons werktuigkundige werk nie meer aan plaaswerktuie nie. Hy herstel daagliks die geplunder, diefstal en vernietiging.

“My pa is ’n ongelooflike sterk mens en hy bly positief. Deurentyd was dit sy krag en optimisme wat ons almal moed gegee het om aan te hou. Maar selfs hy raak nou moedeloos, want die aanvalle is nie meer net klein diefstal nie; dit beloop honderdduisende rande. Dit kom ál nader aan jou persoonlike sfeer en die dreigemente raak ál ernstiger,” sê sy.

  • In die komende weke gaan Landbouweekblad en Landbou.com die onderwerp van plaasveiligheid op ‘n praktiese vlak help aanspreek. Ons verwelkom deelname en kommentaar van lesers en nooi dus lesers uit om met ons in gesprek te tree oor veiligheid op plase. Deel jou kennis en ervaring oor beveiliging of vertel van jou ervaring. Stuur ‘n epos aan cornelia.vdmerwe@24.com of kontak ons deur Twitter of Facebook.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-0.4%
Rand - Pond
21.52
-0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.23
+0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
997.13
-0.4%
Palladium
1,617.05
-1.2%
Goud
1,905.36
-0.9%
Silwer
23.11
-2.1%
Brent-ruolie
84.90
-2.1%
Top-40
73,491
-1.2%
Alle aandele
79,517
-1.0%
Hulpbronne 10
76,165
-2.3%
Industriële 25
101,893
-0.8%
Finansiële 15
16,270
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot