Volgens mnr. Riaan Strydom, wat by Krakeel in die Langkloof boer, het die hael geval tussen Avontuur aan die bokant van die kloof tot tussen Krakeel en Joubertina.
Hy sê hy reken ongeveer 70% van die Langkloof is deur die hael geraak, met skade wat wissel tussen min skade rondom Krakeel en Louterwater, erge skade by Haarlem en Misgund, en redelik skade by Avontuur. Hy sê dat verskeie boere wel nette oor hul boorde het, maar daar is heelwat bome wat steeds oop is.
Volgens mnr. Marius van der Westhuizen, ’n Hortgro-verteenwoordiger in die Langkloof, sal dit ’n paar dae kos om die volle impak van die haelskade te bepaal.