AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Hael saai verwoesting in Boland

Erge skade is aan grootliks tafel- en wyndruiwe naby Wellington aangerig toe ’n verwoestende haelstorm die streek getref het.

Skade van miljoene rande is Dinsdag, 30 September, aan grootliks tafel- en wyndruiwe in die Halfmanshofgebied naby Sharon en Wellington in die Wes-Kaap aangerig toe ’n verwoestende haelstorm sowat 250 ha in die streek getref het.

“Ek boer al 22 jaar hier, en my pa voor my, maar dit was die eerste keer nog dat hael hier voorgekom het,” sê mnr. Chris Immelman van die plaas Oakglen. Sowat 10 ha wyndruiwe op sy plaas het deurgeloop, en die skade is minstens 90%.

Mnr. Gawie van Baalen van die plaas Paardekraal in die Halfmanshof-area, meen hy alleen het nagenoeg 112 000 kartonne tafelduiwe op 38 ha verloor weens die hael. “Ek skat in die hele area van sowat 250 ha wat deurgeloop het, gaan die skade tussen 800 000 en een miljoen kartonne tafeldruiwe beloop.”

Mnr. Arno von Wielligh, voorsitter van die Vier-en-twintig-riviere-Ontwikkelingsvereniging, sê altesame sewe plase is deur die storm geraak, en skat ook sowat 250 ha het deurgeloop. “Die skade is omvattend en wissel tussen 90% en 100% in gevalle.” Die gebied produseer grootliks tafel- en wyndruiwe, maar ’n paar aanplantings sitrusbome op van die plase het ook deurgeloop. Heelwat sitrus is deur die redelik groot haelkorrels van die bome afgeslaan.

Von Wielligh sê die meeste boere is verseker teen reën en wind, maar nie teen iets soos hael en ryp nie. Ryp begin deesdae ook al hoe meer voorkom.

“Al wat ons nou kan doen, is om die wingerde vir so twee weke te los en te kyk hoeveel na-druiwe as sekondêre groei sal ontwikkel. Die maksimum sal waarskynlik nie meer as 30% van die oorspronklike oes in sekere wingerde wees nie, en sal ook van ’n swakker gehalte wees.”

Immelman sê reën op die verkeerde tye, en nou die hael – ’n eerste – “is goed wat ons nie hierlangs ken nie. Ons is glad nie gewoond daaraan nie, en sal beslis in die toekoms moet begin dink aan haelversekering.” Klimaatsverandering is duidelik aan die orde van die dag, meen hy.

Van Baalen stem saam: “Hier boer baie mense ouer as 50 jaar oud, en niemand van hulle het nog voorheen hael ondervind nie.”

Hael is vreemd in die Boland.

Die aarde is wit van die hael.

Nog hael in die boord.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
+0.4%
Rand - Pond
22.29
+0.5%
Rand - Euro
19.59
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.8%
Rand - Jen
0.14
+1.7%
Platinum
967.19
+0.8%
Palladium
1,433.17
+1.2%
Goud
1,963.40
-0.5%
Silwer
23.28
-0.2%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kuier lekker saam
Ek hou van musiek, braai, kuier met vriende, kamp, ens. Tipiese introvert kom daar tye waar ek bietjie alleen tyd nodig het, en ek gun dieselfde vir my vriendin. Ek werk hard en...
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot