AFGRI
BEAN
18 Okt
-
6807,6
4,60
CORN
18 Okt
-
3086
32,00
SOYA
18 Okt
-
7214
-22,00
SUNS
18 Okt
-
9728
38,00
WEAT
18 Okt
-
5749
48,00
WMAZ
18 Okt
-
3196
-8,00
YMAZ
18 Okt
-
3351
-3,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Haglike toestand van VS-paaie het boere raadop

akkreditasie
’n Deel van die R59 tussen Viljoenskroon en Bothaville wat deur boere as “lewensgevaarlik” beskryf word. Foto: Verskaf
’n Deel van die R59 tussen Viljoenskroon en Bothaville wat deur boere as “lewensgevaarlik” beskryf word. Foto: Verskaf
Die toestand van Vrystaatse paaie is van die swakste in die land en lewensgevaarlik, beweer talle boere van die provinsie.

Veral die R59, een van die belangrikste roetes van Gauteng na die Nampopark naby Bothaville, is in ’n uiters haglike toestand. Slaggate word net dieper en op sommige plekke is die teer te nou vir twee voertuie om gelyk by mekaar verby te ry.

Op 3 April is een mens dood op dié pad in ’n botsing reg van voor ongeveer 20 km van Viljoenskroon op pad na Bothaville.

Boonop vind die Nampo-Oesdag oor minder as ’n maand plaas en dan gaan besoekers van oral ter wêreld na die Nampopark stroom. Die meeste van hulle gaan die R59 gebruik. Van dié besoekers sluit in hoofbeamptes van multinasionale en nasionale maatskappye, redakteurs en joernaliste van vaktydskrifte, hooggeplaaste amptenare in die private en openbare sektor en politici.

Gereelde in gesprek met owerhede

Boere van die omgewing is glo daagliks in gesprek met die owerhede oor die swak paaie. Hulle is bekommerd oor hul werkers en hul werkers se kinders wat daagliks op sulke paaie werk toe en skool toe gaan.

Boere van oor die hele provinsie is glo gewillig om te help en stel gereeld van hul werktuie beskikbaar en huurarbeiders om van die kontrakteurs te help wat opdaag om aan die pad te werk.

“Maar die werkspanne daag omtrent eers teen ongeveer 11 uur op met onvoldoende toerusting en hulpmiddele, neem lang etenstye en vertrek dan voor 15:00 voor enige werk behoorlik gedoen is,” het een van die boere aan Landbouweekblad gesê op voorwaarde van anonimiteit.

“Afgesien daarvan dat die meeste boere én die publiek ver ompaaie ry om slegte paaie te vermy, word ons voertuie erg beskadig as ons genoodsaak is om die pad te gebruik. Ons is al raadop.” 

Die kwessie van die R59

Die R59 is glo in die 1970’s gebou met die doel om 25 jaar te hou. Daarna moes dit herbou word – iets wat nou (40 tot 45 jaar later) nog nie gebeur het nie.

Aanvanklik het boere self die meeste gate met ’n mengsel van sement en gruis gevul, maar dit word binne weke verrinneweer en uitgery, aangesien die kontrakteurs dit nie oorgeteer het nie.

Boere is selfs in besit van ’n verklaring van ’n nooddiens dat hulle nie kan reageer op noodgevalle op die R59 nie, aangesien die pad te sleg is.

Intussen ly ondernemings van die omgewing groot verliese omdat mense nie meer die pad wil ry nie. As gevolg daarvan verskuif ’n vervoeronderneming sy sakebedrywighede na Potchefstroom en ’n venue waar funksies aangebied word, oorweeg om sy deure te sluit.

Boere meen die oplossing nou, op kort termyn, is om die slegste deel daarvan – van ongeveer 15 km lank – in ’n grondpad te verander.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.67
-0.5%
Rand - Pond
20.14
-0.2%
Rand - Euro
17.03
-0.6%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,764.59
-0.2%
Silwer
23.20
-0.5%
Palladium
2,021.00
-2.3%
Platinum
1,038.50
-1.9%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,221
-0.5%
Alle aandele
66,792
-0.4%
Hulpbronne 10
63,626
-1.1%
Industriële 25
84,496
-0.4%
Finansiële 15
14,073
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek hou van kos maak en met vriende te kuier
Ek like van eerlike mense en lekka lag en kuier. Buite mense Uit eet Braai Weg gaan See Saam kuier Koos maak
Vrede,vreugde en liefde. Het genoeg chaos met my kids so wil lekker rustig kuier met goeie geselskap
Ek is al deur baie in my lewe en het al baie seer gekry, maar ek het die beste lewens lesse daardeur geleer en net sterker op gestaan. Ek het 'n sterk persoonlikheid en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot