AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4484,2
-67,80
SOYA
03 Feb
-
8620
-27,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6693
-35,00
WMAZ
03 Feb
-
4298
-31,00
YMAZ
03 Feb
-
4387,8
-33,20

Handel: SA moet voorsprong in Afrika hou

Suid-Afrika sal in sy spoor moet trap om sy handelsvoorsprong in Afrika te behou, is op die BFAP-konferensie gesê.

Groei in lande soos Ethiopië, Uganda en Zimbabwe, kan beteken dat dié lande binnekort in Suid-Afrika se nek blaas om die grootste hap van handel tussen Afrika-lande te verkry.

Me. Lulama Ndibongo-Traub van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) het tydens die Kaapse bekendstelling van hul vooruitskouing tot 2026 gesê lande in die Sub-Sahara-streek dryf al hoe meer met mekaar handel. Hulle verkoop veral groente, vis, diere- of plantaardige olies en oliesade aan mekaar.

“Ons dryf nie net handel in grootmaat-kommoditeite nie, wat beteken Afrika se dieet is aan die verander,” sê sy.

Meer geld vir tegnologie

Meer geld moet derhalwe bestee word aan tegnologie-ontwikkeling en infrastruktuur om seker te maak die Suid-Afrikaanse landboubedryf kom in rat vir die groeiende vraag na kos in Afrika.

In 2015 het net minder as ’n miljard mense op die vasteland gewoon, maar na verwagting sal dié syfer tot meer as 2 miljard styg teen 2050. Die bevolkingsgroei sal een van die groot drywers vir die groter behoefte aan voedsel wees.

Ndibongo-Traub sê die groot vraag is of dit Amerika, Asië, Europa of Afrika self is wat in die vasteland se kosbehoeftes gaan voldoen.

Afrika kan homself voed

“Danksy politieke verbintenisse om die handel tussen Afrika-lande te verdriedubbel, is daar ’n goeie kans dat Afrika homself sal kan voed, al is daar steeds baie hoë nie-tariefbepekerings in plek.”

Suid-Afrika neem tans die voortou met handel in Afrika. Twee jaar gelede was Suid-Afrika verantwoordelik vir sowat 42% van die handel tussen Afrika-lande. Die land kan egter van sy posisie ontneem word deur lande soos Ethiopië, Uganda of Zambië, waar sake fluks groei.

Volgens Ndibongo-Traub is dit noodsaaklik dat Suid-Afrika sy beleid in plek kry wat die risiko en koste verminder om sake te doen in die primêre landbou sowel as die waardeketting. “Ons moet sorg dat daar waarde toegevoeg word tot die sektor,” sê sy.

Meer geld

Ndibongo-Traub meen meer openbare fondse moet in Suid-Afrika op navorsing en ontwikkeling en voorligtingsdienste  bestee word om seker te maak die land kan in die groter vraag na kos in Afrika voldoen.

“Ons moet meer beleggings in waterinfrastruktuur sien, veral in die herstel van kanale en ander verouderde waterinfrastruktuur. Onderbenutte besproeiingskemas moet aan die gang gekry word en ons moet betyds belê in nuwe waterontwikkelings, want dit gee boere toegang tot een van die belangrikste hulpbronne.”

Sy het ook voorgestel die Regering ontwikkel beleid wat koste verminder, mededingendheid verbeter en die ekonomiese basis verbreed sodat waardeketting-geleenthede ontwikkel kan word.

“Ons sien ’n kommerwekkende neiging van moontlike de-industrialisasie in Suid-Afrika en Ghana.  Dit kan ’n teken van ekonomiese wasdom wees, maar die negatiewe sy van die saak is dat dit ook daarop kan dui dat handel ons vermoë om kos te produseer, vervang.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.07
+0.1%
Rand - Pond
20.83
+0.3%
Rand - Euro
18.61
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.07
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
1,027.47
+1.6%
Palladium
1,677.03
+0.4%
Goud
1,917.79
+0.3%
Silwer
23.55
+0.3%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,332
-0.4%
Alle aandele
79,496
-0.4%
Hulpbronne 10
73,869
-1.1%
Industriële 25
102,737
+0.1%
Finansiële 15
16,439
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maat
Dis nie maklik om oor jou self teskryf nie , maar hier gaan ons ! Ek is opreg en kan vertrou word , hou glad nie van om eimand seer temaak of mislei nie , ek is ook ma net n...
Ek glo ek is n prag mens van binne en buite
Ek is n mens ,mens en al my vriende dink ek is n prag mens, baie lief vir mense. Ek love diep see visvang, kamp, vakansie by die see, Partykeer in Hotelle en saam met my familie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot