AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Handelsmerke vir skaapvleis moeilik

Om skaapvleis-­handelsmerke te skep is makliker gesê as gedaan, sê mnr. Francis Visagie.

Skaapboere kry dit maar net nie reg om waarde vir hul produk te ontsluit met gedifferensieerde handelsmerke wat die oorsprong van skaapvleis aandui nie.

Dis grootliks weens klein volumes, seisoenaliteit en ligging, verbruikers se onkunde en boere wat nie by die reëls hou nie, het boere tydens die Megaboer-­gesprekreeks by die Stellenbosse Woordfees gesê. Landbouweekblad is die mediaborg.

Mnr. Francis Visagie, Dorperboer van die plaas Nanibees naby Brandvlei, sê handelsmerke vir lamsvleis (soos byvoorbeeld Karoolam of Diamant-­Dorpers) bly makliker gesê as gedaan.

“Ons het dit al baie probeer, maar dan was daar nie sodanige premie dat jy moeite wil doen nie. Die Boesmanland se Dorpervleis het vanweë die kombinasie van gras­ en bossieveld ’n unieke smaak, maar die volume is so klein dat jy nie konstant aan die mark kan voorsien nie. Dit help nie jy voorsien vir drie of vier maande ’n produk wat lekker is en wat almal wil hê nie, maar dan verdwyn jy weer vir ’n tyd lank van die rak af. Jy verloor daardie mark,” sê hy.

“Sekere tye van die jaar smaak die vleis anders. Daar is tye wat ons van die veld af produseer, maar wanneer dit droog raak word jy geforseer om weer voerkrale toe te gaan. As die vleis van die veld af kom, het dit ’n spierwit vetjie, maar voerkraalvleis se vet is effens geel as gevolg van die mielies. Afhangend van wat die natuur met jou maak, het jy verskillende produkte.”

Mnr. Kallie Schoeman, besturende direkteur van die Schoeman­boerdery, sê dit kos baie geld om deur ’n handelsmerk met verbruikers te kommunikeer. “Mense wil ZZ2-­tamaties of Wildeklawer­-uie of Clemengold­-nartjies hê, maar hulle wil dit 12 maande van die jaar hê. As die huisvrou net een keer nie ’n Dorper­tjop op die rak kry nie, is sy teleurgesteld.”

Boonop, sê Visagie, het mens deesdae “ ’n graad nodig om skaapvleis te koop”. Onkundige aankope kan ’n onaangename skaapvleis­ervaring meebring wat verbruikers die skrik op die lyf jaag.

“Skaapvleis is ’n moeilike ding. Die smaak en geur verskil van omgewing tot omgewing. As jy nie deur die ketting tot by die verbruiker kan kom nie, dan weet ek nie. Die Hantam­lamsvleis het ’n kenmerkende smaak as gevolg van die kruieveld, wat nie by ons is nie. Die vet in die Suid-­Kaapse skaap is byvoorbeeld nie vir my lekker nie. Selfs binne Karoolam is daar verskillende smake, want die gebied waar dit geproduseer word is so wyd. Ouens verloor vertroue in die handelsmerke, want hulle koop nie elke dag dieselfde vleis nie.”

Mnr. Jan Boland Coetzee, oud-rugbyspeler en Stellenbosse wynboer, sê soortgelyke gesprekke vind al sedert die 1970’s in die wynbedryf plaas oor die verskillende wynverbouingsdistrikte.

“Ons praat eintlik oor oorsprong. Originality. Dis interessant, maar op die oomblik argumenteer ons oor another, in plaas van an other. Dit gaan oor generosity, want jy deel dit wat jy het met ander. Dit is naspeurbaar en het karakter en dan kan jy daardie ekstra sent in die mark gaan haal.” Volgens Visagie sal dit ook help as boere “met integriteit optree en eties en korrek bly”.

“Baie boere is letterlik te lui om die ballammers te kastreer, en dit gee ook ’n ander smaak. Iemand sal moet poliesman speel oor wat reg is en nie. As iemand nie met integriteit optree nie, kan dit die mark lelik opneuk.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.0%
Rand - Pond
19.42
-0.5%
Rand - Euro
17.37
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,659.31
+1.9%
Silwer
18.90
+2.8%
Palladium
2,150.51
+3.6%
Platinum
865.78
+1.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,413
-0.4%
Alle aandele
63,808
-0.3%
Hulpbronne 10
57,878
+1.5%
Industriële 25
78,523
-1.0%
Finansiële 15
14,099
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot