Uitvoerders van landbouprodukte verwelkom die Regering se aankondiging van verbeterde handelsbande met die Europese Unie (EU), sê die Landboubesigheidkamer (LBK).
Dr. John Purchase, uitvoerende hoof, sê die ondernemings wat hulle verteenwoordig is verheug hieroor aangesien kommer al oor die sloerdery van onderhandelings in dié verband uitgespreek is. “Die finale inligting sal egter deeglik bestudeer moet word om die volle implikasies van die ooreenkoms op uitvoerders te verstaan,” sê Purchase.
Die ooreenkoms
Luidens ‘n berig van Sapa het Pres. Jacob Zuma Dinsdag (28 September) aangekondig dat die ooreenkoms teen die einde van die jaar afgehandel sal wees. Zuma meen die ooreenkoms sal ontwikkeling regoor Suider-Afrika ondersteun.
“Ek is baie tevrede dat ons die doelwit om ‘n ooreenkoms, voor die einde van die jaar, wat ‘n finale ooreenkoms sal wees om handel en ekonomiese bande tussen die EU en SADC-EPA-lande te verbeter, en wat ontwikkeling en streeksintegrasie in Suider-Afrika sal ondersteun, sal voltrek,” sê hy.
Suid-Afrika het ook hulle samewerking met die aanspreek van alle uitdagings rakende ontwikkeling, uitbreiding en sekuriteit aan te spreek.
Pres. Zuma het Brussels die afgelope week besoek.
1 Oktober 2010