AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Heffing kan Namibië help

Die Namibiëse regering beoog 'n heffing van 30 % op die uitvoer van lewende afgeronde beeste vir slag en huide met die uitsondering van speenkalwers. Die uitvoer van teeldiere is hierby ingesluit. Lewende skape en bokke wat uitgevoer word, sal aan 'n heffing van 15 % onderworpe wees.

Dié land se ministerie van handel en nywerheid sê in 'n verklaring die stap het nodig geword weens die toenemende uitvoer van lewende diere asook huide en velle na Suid-Afrika. Dit het 'n onderbenutting van slagplase en looierye in Namibië tot gevolg. Daar word dus verwag dat die heffings sal help om hierdie geriewe winsgewender te maak.

In reaksie hierop sê mnr. Manie Booysen, hoof uitvoerende beampte van die SA Vleisbedryfsmaatskappy (Samic) dat so 'n besluit Namibië dalk swaar kan tref. Veral ondergraadse huide weens beskadiging in die doringveld sal nie maklik elders aanvaar word nie.

Baie skape uit Namibië word in Suid-Afrika geslag. KwaZulu-Natal is in der waarheid die enigste mark vir lewende bokke van veral boere in die suide van Namibië. Skaap- en bokvleis sal dus net duurder word op die Suid-Afrikaanse mark.

'n Ligpunt in hierdie stadium is dat die beoogde heffings eers Oktober 2003 in werking behoort te tree.

Dr. André Jooste, ondervoorsitter van CIAMD aan die Vrystaatse Universiteit, sê die heffing is slegte nuus vir die Suid-Afrikaanse verbruiker en ook nie tot voordeel van boere in Namibië nie. As dit ingestel sou word, gaan dit nog groter druk op Suid-Afrikaanse voerkrale plaas omdat daar jaarliks 'n groot hoeveelheid speenkalwers uit Namibië ingevoer word.

Hy sê hy kan nie sien hoe die stap meer welvaart vir veeboere in Namibië kan skep nie. Hoewel dié land se regering klaarblyklik die inkomste uit die heffing wil aanwend om ontwikkelingsprojekte te stimuleer, sal die feit dat minder diere uitgevoer word wanneer dit in werking tree, hul pryse laat daal. Mnr. Dave Ford, uitvoerende direkteur van die SA Voerkraalvereniging, sê die voorgestelde heffing was duidelik 'n eensydige besluit en nie in die gees van die SAOG-ooreenkoms nie. "Die direktoraat internasionale handel het aangedui dat hulle die saak op die hoogste vlak gaan aanpak."

Intussen het mnr. John Moorcroft, direkteur van die Port Elizabethse slagplaas, gesê die beter nuus vir verbruikers is dat die prys van lamsvleis van 'n hoogtepunt van R28/kg (voor BTW) gedaal het tot die huidige R20,50/kg. Skaapvleis se prys het van meer as R20/kg gedaal tot R17/kg. Die toevoer na die mark het aansienlik verbeter en hy meen die laer pryse behoort tot Desember gehandhaaf te word.

Die prys van beesvleis bly egter hoog en daar is geen teken dat dit in die afsienbare toekoms gaan daal nie. Graad A behaal gemiddeld R17/kg en ou beeste of graad C gemiddeld R14,70/kg.

16 Oktober

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot