AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Heffing op graan in die vooruitsig

Graanboere wat koring, mielies, sonneblomsaad, sorghum, sojabone en grondbone plant, gaan van 1 Oktober 'n heffing van R2 per ton aan Graan Suid-Afrika betaal. Dit sal gebruik word vir bedryfsnavorsing en -ontwikkeling.

Mnr. Vic Mouton, voorsitter van die komitee wat verantwoordelik is vir die insameling van dié heffing, het gesê dit is nodig vir die oorlewing van die graanboer. Hy het 'n beroep gedoen op alle graanboere, nie net lede van Graan SA nie, om hierdie poging te steun. "Net die graanboer kan sy eie saak stel. Om te verseker dat hy gesaghebbend kan optree by kernsake, soos bedryfsnavorsing en -ontwikkeling, word geld benodig." Mnr. Mouton het verseker dat Graan SA geensins van plan is om die staat van sy verantwoordelikheid in dié verband te onthef nie. "Ons pogings is toegespits op bedryfsaangeleenthede, soos bedryfstrategiese inligting, monitering van insette, inspraak in die bedryf se beleidsomgewing en navorsing. "Die geld sal deursigtig gebruik word. Jaarliks sal by die kongres verslag gedoen word oor alle tersaaklike optredes en die kongres sal oor die bedrag van die heffing besluit," het mnr. Mouton gesê. Die heffing sal by die eerste punt van verhandeling gevorder word waar die graan oor die weegbrug gaan, en geen heffing sal gevorder word sonder die skriftelike toestemming van die boer nie, het mnr. Mouton bygevoeg. Aksies gaan landwyd van stapel gestuur word om die heffing onder alle graanboere se aandag te bring. "Die belangrikheid van dié saak kan nie oorbeklemtoon word nie. Ons doen 'n beroep op alle graanboere om - in hul eie belang - hul volle gewig agter ons in te gooi. Al die lede van Graan SA se hoofbestuur het hulle reeds skriftelik tot dié poging verbind," het mnr. Mouton gesê. Hy het gesê die heffing is nodig om te verseker dat geld deurentyd vir graannvorsing beskikbaar is. Hy het daarop gewys dat die geld in die Mielietrust - waaruit Graan SA jaarliks 'n bydrae vir navorsing ontvang - nog deur statutêre heffings ingesamel is. Gevolglik het die staat alleen seggenskap daaroor. Mnr. Mouton meen die nuwe heffing kan in die eerste jaar tot R15 miljoen oplewer. Dit sal in 'n bedryfstrategiese trust vir navorsing gestort word. Mnr. Brink Botha, wat pas by Graan SA aangestel is om die heffings in te samel, het gesê dié organisasie se lede produseer sowat 80 % van die totale graanopbrengs in die land. Die graan wat by die silo's verbygaan, sal ook ondervang word, het hy gesê. Daar word reeds onderhandel met meulenaars, handelaars en veevoervervaardigers om die heffing te vorder waar hulle graan regstreeks van die boer koop. 13 September 2002
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.81
-0.2%
Rand - Pond
20.08
+0.3%
Rand - Euro
17.60
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.51
+0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,715.09
-0.1%
Silwer
20.62
-0.1%
Palladium
2,279.00
+0.9%
Platinum
928.00
+0.6%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,448
+0.4%
Alle aandele
65,856
+0.4%
Hulpbronne 10
62,909
-1.2%
Industriële 25
80,213
+1.2%
Finansiële 15
14,074
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot