Die statutêre heffing op rooivleis is met gemiddeld 24% verhoog, volgens ’n aankondiging in die Staatskoerant.
Dit verteenwoordig ’n verhoging van sowat 4% tot 5% per jaar aangesien dit nie in die afgelope twee heffingstydperke van drie jaar elk verhoog is nie.
Mnr. Dave Ford, voorsitter van die Rooivleisbedryfsforum, sê die verhoging is afgekondig nadat ál die betrokkenes in die bedryf − van die produsente tot die verbruiker − eenstemmigheid bereik het dat dié verhoging geregverdig en aanvaarbaar is.
Die oogmerk met die heffing is dat die geld aangewend sal word vir ’n verskeidenheid funksies wat belangrik is vir die voortgesette ontwikkeling en volhoubaarheid van dié grootste boerderyvertakking in die land se landboubedryf.
Die funksies is verbruikersgerustheid, kommunikasie met en opvoeding van die verbruiker, transformasie en -ontwikkeling, navorsing en navorsingsontwikkeling, bedryfskakeling, produksieontwikkeling, voldoening aan wetgewing en administrasie.
Meer inligting in Landbouweekblad, 26 November 2010.
22 November 2010