AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Heineken maak aanbod van R40,1 miljard vir Distell

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Heineken het ’n aanbod gemaak om die Distell-groep se aandele teen R180 per aandeel te koop.

Die Distell-groep, Suid-Afrika se grootste drankvervaardiger, het op Maandag 15 November aangekondig dat Heineken, die wêreld se tweede grootste brouer, ’n aanbod gemaak het om Distell vir R40,1 miljard te koop.

Heineken het Distell reeds in Mei genader. Heineken het ook ’n aanbod gemaak aan Namibia Breweries om sy 25%-aandeelhouding in Heineken se Suid-Afrikaanse eenheid te koop.

Die Openbare Beleggingskorporasie, wat ’n 30%-aandeel in Distell besit, het onlangs volgens Business Day aangedui dat hy 11% meer vir sy aandeel in Distell wil hê as wat die aandeelprys op 27 Oktober was.

Luidens ’n verklaring op Distell se webwerf behels die transaksie ’n aantal reëlings en aanvanklike stappe, onder meer ’n interne herstrukturering van Distell om twee aparte besighede te skep. Een bestaan uit die sider-, gereed-om-te-drink-, spiritus- en wynbesigheid. Die ander sal bestaan uit Distell se oorblywende bates, onder meer sy whisky-besigheid, wat gehuisves sal word in ’n nuwe filiaal genaamd Capevin.

Hierna sal Distell se aandeelhouers aanbiedinge van Heineken en Newco, een van die filiale wat hy besit, ontvang. ’n Kontant-en-aandele-aanbod sal vir al Distell se aandele in die sider-, gereed-om-te-drink-, spiritus- en wynbesigheid gemaak word. Heineken sal ’n kontantaanbod aan Distell se aandeelhouers maak vir gewone aandele in Capevin. 

Heineken sal minstens 65% van Newco besit nadat die transaksie voltooi is, maar Distell se aandeelhouers sal kan herinvesteer en tot 35% van Newco se aandele besit, wat dan sal bestaan uit al Heineken se bierbesigheid in Suid-Afrika, al Heineken se uitvoerbesigheid in verskeie lande in Suider-Afrika en ’n onregstreekse belang van 59,4% in Namibia Breweries.

Mnr. Richard Rushton, uitvoerende hoof van Distell, sê die aanbod dien as bewys van die sterkte van Distell se voorste posisie in die Suid-Afrikaanse mark en ontluikende groei in ander Afrika-markte, asook die waarde van sy handelsmerke en mense. Volgens hom bied die vennootskap aan Heineken die potensiaal om sy wêreldwye teenwoordigheid te versterk.

“Ek is opgewonde oor wat voorlê soos ons ons sterk en gewilde handelsmerke en aanvullende bedrywe saamvoeg om ’n wêreldklasmaatskappy in Afrika se drankbedryf te vestig. Ons gesamentlike entiteit sal ons plaaslike kennis uitbrei en insigte bied wat ons in staat sal stel om ons kliënte beter te dien.”

Mnr. Dolf van den Brink, uitvoerende hoof van Heineken, sê hy is opgewonde om drie sterk besighede saam te snoer en ’n drankkampioen in die Suider-Afrikaanse streek te vestig.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-0.9%
Rand - Pond
20.04
+0.5%
Rand - Euro
17.58
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.51
+0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,712.18
-0.3%
Silwer
20.60
-0.2%
Palladium
2,273.90
+0.7%
Platinum
926.00
+0.4%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Op soek na my "one and only"
Ek is Afrikaans maar gaan die volgende in Engels skryf. Hi. I'm Johan. I'm successful, love my job and content with life. Love music, food and love the beach. and my...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot