
Talle boere in die Vrystaat het groot skade gely weens die brande en mense en instansies word versoek om hulp aan te bied. Die aantal hektare wat tot op hede al verwoes is – en aan Vrystaat Landbou bevestig is – staan op sowat 300 000. Die aantal bale wat tot op hede aangebied is vir hulp, staan op 250. Nóg ’n uitdaging is finansiering om die voer wat beskikbaar gestel is, by die punte uit te kry waar dit benodig word. Dit kos sowat R15 000 om een vrag te vervoer, en baie van die boere wat skade gely het, het nie die geld om vir die vervoer te betaal nie. Mense en instansies wat hulp kan aanbied, kan ’n e-pos stuur na cynthia@vslandbou.co.za of skakel by 051 4444 609051 4444 609. Bydraes om te help met die vervoerkoste van voer kan in Vrystaat Landbou Rampfonds inbetaal word. Die bankrekening se inligting is ook op die organisasie se webtuiste – www.vrystaatlandbou.co.za en op sy Facebook- en Twitter-blaaie – https://www.facebook.com/VrystaatLandbou en https://twitter.com/vslandbou beskikbaar.