AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4542
-58,00
SOYA
03 Feb
-
8620
-27,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6836
4,00
WMAZ
03 Feb
-
4303
-26,00
YMAZ
03 Feb
-
4395
-26,00

Help met ‘tranegeld’ – Kaap Agri

Landbou-ondernemings moet help om van die “tranegeld” by grondhervorming te help delg, sê mnr. Corwyn Botha van Kaap Agri.

Landbou-ondernemings moet tot die stryd rondom grondhervorming toetree en van die “tranegeld” help delg, sê mnr. Corwyn Botha, besturende direkteur van Kaap Agri.

Botha het tydens die 11de AMT-kongres in Pretoria opgemerk dat die hele landbousektor – van die verskaffers, soos Woolworths, tot by produsente – betrokke moet raak om te help om grond oor te dra. 

Volgens Botha moet landbou-ondernemings betrokke raak. ”Ons kan na almal luister wat nie grond het nie en wag, of ons kan toetree en die tranegeld tussen dit wat vir ‘n plaas aangebied word en die markwaarde wat die eienaar wil hê, opmaak. Ons weet die staat kan dit nie alleen doen nie, ons moet help.”

Botha meen landbou-ondernemings moet ook dié opkomende boere wat deur hulle gehelp is om grond te kry, ondersteun met voorligting en mentorskap. “Wat sal dit regtig van ons verg om hierdie 20% waarna die staat verwys, te help?”

Voorstel aan Regering

Volgens Botha moet landbou-ondernemings rondom ‘n onderhandelingstafel gaan sit en ‘n voorstel saamstel om aan die Regering voor te lê, omdat dit tot voordeel in die toekoms sal wees.

Terselfdertyd sê Botha moet landbou-ondernemings ook daarop fokus om werksgeleenthede te skep. “Ons hoor daar is meer as een miljoen werksgeleenthede verloor: As elke landboubesigheid nog ‘n paar werke skep, kan ons maklik dié getal laat krimp.”

Botha meen dat enige onderneming een kernrede het om te kan bestaan: “Dit is dat jou kliënte moet beter doen omdat jy bestaan, as wat hulle sou gedoen het sou jy nie bestaan het nie.”

13 September 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.08
+0.0%
Rand - Pond
20.86
+0.2%
Rand - Euro
18.60
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.07
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
1,027.47
+1.6%
Palladium
1,677.03
+0.4%
Goud
1,915.75
+0.2%
Silwer
23.50
+0.2%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,615
-0.0%
Alle aandele
79,790
-0.0%
Hulpbronne 10
74,434
-0.3%
Industriële 25
102,942
+0.3%
Finansiële 15
16,492
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maat
Dis nie maklik om oor jou self teskryf nie , maar hier gaan ons ! Ek is opreg en kan vertrou word , hou glad nie van om eimand seer temaak of mislei nie , ek is ook ma net n...
Ek glo ek is n prag mens van binne en buite
Ek is n mens ,mens en al my vriende dink ek is n prag mens, baie lief vir mense. Ek love diep see visvang, kamp, vakansie by die see, Partykeer in Hotelle en saam met my familie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot