AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Hernude ywer om plaaslik te produseer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Jaco Minnaar Foto: Liza Bohlmann
Mnr. Jaco Minnaar Foto: Liza Bohlmann
Internasionale skokke het daartoe gelei dat lande wêreldwyd nuut dink oor plaaslike produksie en voorsieningskettings.

Daar is ’n hernude poging in die wêreld om plaaslik te produseer en te vervaardig en minder afhanklik van invoer te word, het mnr. Jaco Minnaar, president van Agri SA, in sy presidentsrede op die organisasie se kongres gesê. Daarom is die tema van vanjaar se kongres “Groei plaaslik”.

Hy sê dit geld ook Suid-Afrika, wat in die verlede byvoorbeeld ’n groot hoeveelheid van koring van Rusland en Oekraïne ingevoer het. “Ons kan meer doen om voedselsekerheid in Suid-Afrika te verseker. As ons daarin slaag, sal ons die vrugte pluk van ’n volhoubare, werkskeppende sektor wat landelike gemeenskappe kan ophef.”

Hy het daarop gewys dat die afgelope jaar ’n onstuimige een vir die landbousektor was. “ ’n Opeenvolging van krisisse het gesamentlik aansienlike ontwrigting veroorsaak. Ons het die impak ervaar van covid-19 op logistiek en die probleme in die voorsieningsketting wat dit veroorsaak het. Ons het ook ’n toename in voedselpryse gesien as gevolg van die oorlog in Oekraïne, agteruitgang in belangrike openbare infrastruktuur soos paaie, spoorlyne en elektrisiteit, en meer onlangs die inflasiestygings wat reg oor die wêreld tot verhoogde uitleenkoerse gelei het.”

Ondanks hierdie kwessies het die landbou steeds ’n goeie produksiejaar beleef. Primêre produksie het toegeneem van R224 miljard in die 2014-’15-boekjaar tot R346 miljard in die 2020-’21-boekjaar. Dit was ’n toename van sowat 9% per jaar oor die tydperk.

Hy het gesê met ’n derde agtereenvolgende La Niña-stelsel wat voorspel word, en met plaaslike en internasionale kommoditeitspryse op ’n hoë vlak, word nog ’n goeie produksiejaar voorspel. Daar is egter ook faktore wat die vooruitsigte kan demp soos die skerp styging in insetkoste, probleme met uitvoerlogistiek en -markte, sowel as bek-en-klouseer.

Minnaar het die belangrikheid van uitvoer beklemtoon. Surplusse wat uitgevoer kan word, help om pryse van produkte onder uitvoerpariteit te hou. “Mieliepryse is byvoorbeeld onder uitvoerpariteit en inderwaarheid is Suid-Afrikaanse mielies van die goedkoopste ter wêreld.”

Hy het gesê uitvoer saam met uitstekende plaaslike produksie is die hoofredes waarom dit moontlik was om voedselprysinflasie in Suid-Afrika te beperk. Volgens syfers van die Wêreldbank in Maart vanjaar was Suid-Afrika se voedselprysinflasie 6,7% vergeleke met 7,6% in Indië, 11,5% in Brasilië, 8,8% in Amerika en 9,6% in Europa.

Landboumeesterplan

“Hoewel ons trots is op die landbou se prestasie, kan ons beter vaar. Dit is grootliks die oogmerk met die meesterplan vir landbou en landbouverwerking wat vroeër vanjaar onderteken is. Dit het inklusiewe ekonomiese groei as grondslag, en as ons uitvoering aan sy sleutelpilare kan gee, kan ons die prestasie van die afgelope tyd oorskry en nuwe hoogtes bereik.

“Maar die pad vorentoe is nie maklik nie, en groot struikelblokke lê voor. Miskien is die grootste bedreiging vir die sektor die voortdurende styging in insetkoste. Suid-Afrika se verbruikersinflasiekoers het in Julie 7,8% bereik, die hoogste vlak in 13 jaar, terwyl kerninflasie op 4,6% staan en rentekoerse sedert November 2021 met 275 basispunte verhoog is. Met landbouskuld wat op sowat R200 miljard staan, beteken dit dat die landbou sowat R5 miljard ekstra moet opdok om net skuld te diens.”

Beurtkrag, infrastruktuur, arbeid

Minaar het ook na ander gebreke soos gebrekkige vervoerinfrastruktuur en energievoorsiening verwys. Met meer as 1 949 uur (81 dae) se nasionale beurtkrag reeds in 2022, is dit aansienlik hoër as die 1 153 uur verlede jaar en 844 uur in 2020. Hy het gewaarsku dat dit op lang termyn ’n verwoestende uitwerking op voedselproduksie, -voorsiening en -sekerheid, en op die breër ekonomie het.

Hy het ook daarop gewys dat die koste van indiensneming in Suid-Afrika mededingendheid benadeel, veral in arbeidsintensiewe bedrywe soos sitrus, piesangs, vrugte en groente. “Dit behoort nie die geval te wees in ’n land met hoë werkloosheid nie. Armoede in Suid-Afrika gaan nie opgelos word deur hoër lone vir dié wat werk het nie, maar eerder deur werk aan meer mense te verskaf, huishoudelike inkomste te verhoog en doeltreffendheid te verbeter.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.99
+1.0%
Rand - Pond
20.30
+1.1%
Rand - Euro
17.55
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.36
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,749.10
+0.4%
Silwer
21.25
+1.5%
Palladium
1,840.16
-0.5%
Platinum
1,007.00
+1.4%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot