AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Herrie bars los oor nuwe Landbankwet

'n Trompop-botsing dreig tussen handelsbanke en die Regering oor nuwe landbouwetgewing wat die Land Bank in 'n bevoorregte posisie bó die kommersiële banksektor en koöperasies gaan plaas. Alles dui daarop dat die saak in die Grondwethof gaan draai as dit nie onderling opgelos word nie.

Aan die wortel van dié storm lê die pandreg, 'n klousule wat finansierders die reg tot batebeslaglegging gee in gevalle waar boere nie hul skuld kan vereffen nie.

Die Regering het hierdie klousule uit die nuwe Koöperasiewet verwyder omdat die taakspan wat die wetgewing opgestel het, gemeen het dat dit ongrondwetlik is. Die redenasie is dat dit buitengewone voorregte aan koöperasies bied.

Tog het die Regering dit nou verskans in nuwe wetgewing wat die landbou regstreeks raak, die Landbankwet. Hierdie stap, asook verwikkelings rondom die Insolvensiewet, het groot onsteltenis in die land se banksektor veroorsaak en tot 'n hewige stryd agter die skerms aanleiding gegee.

Die Bankraad, spreekbuis van die land se kommersiële banke, het 'n dringende vergadering vir vroeg Augustus met adjunk-landbouminister Dirk du Toit aangevra. Landbouweekblad verneem betroubaar dat die kwessie in die Grondwethof betwis gaan word as dit nie na die raad se bevrediging gehanteer word nie. In Land Bank-kringe self is daar, na verneem word, nie 'n onwilligheid om oor die kwessie te onderhandel nie. Ook die Landboubesigheidskamer (LBK) het te kenne gegee dat hy met die Regering oor die aangeleentheid in gesprek wil tree.

In regskringe is die besluit oor die pandreg-klousule in die Landbankwet reeds as "die mees ondeurdagte wetgewing nóg" en as "onvoorbereid en oorhaastig" bestempel. Volgens 'n regsmening waarin Landbouweekblad insae gehad het, word die Landbankwet as "totaal staatsbeheerd" verklaar "wat oorvleuel met die saketerrein van handelsbanke".

'n Onmiddellike implikasie van die wetgewing is dat handelsbanke reeds besig is om hul kredietbeleid vir die landbou te hersien.

"Alle beloftes oor vooraf-konsultasie is verbreek. 'n Onlangse konsultasiesessie oor die wet was toe niks meer as 'n inligtingsessie oor wat met die wetgewing beoog word nie. Dit is vir ons 'n teenstrydigheid dat 'n mens in een wet erken dat die pandreg ongrondwetlik is, maar in 'n ander een trek jy dit so ver deur dat dit die ou Koöperasiewet in die skadu stel," het 'n bekende in handelsbankkringe wat verkies om anoniem te bly, aan Landbouweekblad gesê.

26 Julie 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.15
+0.4%
Rand - Euro
17.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.57
-0.9%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,717.07
-0.5%
Silwer
20.66
-1.9%
Palladium
2,253.00
-3.0%
Platinum
923.50
-1.1%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
n Man opsoek na n maatjie
Ek is n Christen en soek n Christen maatjie. Ek leef eenvoudig, is baie lojaal en hou van vrede in my lewe. Ek is n introvert maar kan sosiaal wees as ek moet. Ek verkies...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot