
Meer as 13 000 plase en kleinhoewes is in al die provinsies van Suid-Afrika is te koop – en dit net op Property24 en Landbou.com se webwerf.
Die ANC se besluit op sy onlangse legotla dat boere nie meer as 12 000 ha of twee plase mag besit nie, het tot erge onsteltenis in landbougeledere gelei. Soos die vorige keer, toe Minister Gugile Nkwinti met sy berugte plan vorendag gekom het dat boere 50% van hul plase aan hul werkers moet afstaan.
Dit lyk asof die Regering goed is om geld te bestee, soos die pogings om Eskom en die SA Lugdiens telkens uit hul finansiële verknorsing te red. Is dit nie tyd dat die Regering óók geld uithaal om die plase wat deur gewillige kopers op die ope mark aanbied, vir grondhervorming te koop nie? En basta met die staat se siening dat die beginsel van gewillige koper/gewillige verkoper nie werk nie.
Landbou.com het die aantal plase en landbouhoewes wat op ons webwerf te koop is, getel. Op 2 Februarie was daar altesaam 13 254 eenhede te koop aangebied.
Die meeste was die 3 428 plase wat in die Wes-Kaap in die mark was, en die minste was die 315 plase in die Noord-Kaap.
Klik hier om dié webwerf te besoek.of klik op die hofie "Plase" heel regs bo op Landbou.com se tuisblad.