
Landbouweekblad het 2012 afgeskop met `n hoogs suksesvolle fotokompetisie. Amper 5000 inskrywings is ontvang en lesers was gaande oor die fantastiese foto’s wat ontvang is.
Kategorie 1: Boerderytonele - bewerkbare grond en vee
Met meer as ‘n 1000 inskrywings was dié ‘n baie gewilde kategorie. Inskrywings het gewissel tussen grootvee, kleinvee en wild tot windpompe, trekkers en landerye. Daar was ‘n totaal van 60 finaliste in dié kategorie. Die wenners is…
1ste plek: Charne Kruger
2de plek: Johann Visser
3de plek: Willie Meyer
Kategorie 2: Natuurlike omgewing en landskappe
Dié was verreweg die gewildste kategorie met amper 2000 inskrywings en 46 finaliste. Asemrowende sonsondergange is afgewissel met oomblikke van weerligspel en donderstorms. Daar was ‘n totaal van 46 finaliste.
1ste plek: Wahl Jacobs
2de plek: Robert Southey
3de plek: Francina Swart
Kategorie 3: Troeteldiere/Humor
Dié kategorie het hom verleen tot speelse foto’s van oulike oomblikke. Beoordelaars het gekyk na die vasvang van ‘n unieke oomblik, eerder as tegniese kwaliteit. Daar was amper ‘n 1000 inskrywings in dié kategorie met 30 finaliste.
1ste plek: Letsie Vorster
2de plek: Christiaan Jooste
3de plek: Ilza Rautenbach
Kategorie 4: Plaasmense
Die plaaslewe is ‘n plesier met vele geleenthede vir `n pragtige foto. Daar was sowat 500 inskrywings in die kategorie wat die essensie van die plaasmens vasgevang het.
1ste plek: Mariëtte du Buson
2de plek: Sharika Pienaar
3de plek: Francina Swart
Die prys vir 1ste plek vir kategorie-wenners is ‘n Olympus SZ-20 ter waarde van R2 580. Die 30.4 mm-dun SZ-20 het ‘n 16 megapixel-resolusie en ‘n 12.5xwyehoek- optiese skuiflens- die 35 mm-filmekwivalent van 24-300 mm - sowel as ‘n 3”-LCD-skerm.
Die 2de plek kry ‘n 28.5 mm-dun Olympus VR-310, met ‘n 14 megapixel-resolusie en ‘n 10x- wyehoek optiese skuiflens – die 35 mm-filmekwivalent van 24-240mm - sowel as ‘n 3”-LCD-skerm.
Die 3de plek-wenner kry die superdun 19.3 mm-breë Olympus VG-130 met ‘n 14 megapixelresolusie en ‘n 5x- wyehoek optiese skuiflens - die 35 mm-filmekwivalent van 26-130 mm - sowel as ‘n 3”-LCD-skerm.
Algehele wenners
1ste plek: Wahl Jacobs
Wen ‘n iPad, ‘n DStv Drifta, sowel as R10 000 kontant!
2de plek: Robert Southey
Twee nagte se verblyf vir twee in ’n luukse suite met drie maaltye per dag, sowel as tee, koffie, koek, gebak en peuselhappies. Sal ook op twee wildritte per dag getrakteer word.
3de plek: Mariëtte du Buson
Wen ‘n Sony DCR- CX110-videokamera met 25x- optiese skuiflens. Die kamera neem video’s in 2 megapixelresolusie en foto’s teen 3 megapixel-resolusie. Die CX110 spog met ‘n Dolby®- digitale 2CH-stereoformaat en 2.7”-LCD-raakskerm. ‘n Gebruikersvriendelike videokamera vir elke dag se gebruik.
Baie dankie aan almal wat ingeskryf het en geluk aan die wenners!
2 April 2012