AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Hierom het LNR met hervorming gefaal, sê afdelingshoof

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Michelle van der Spuy
Foto: Michelle van der Spuy
Hoewel die Landbounavorsingsraad (LNR) oor die afgelope eeu in die een of ander vorm ’n sleutelrol gespeel het in die opbou en ontwikkeling van die kommersiële landbou in Suid-Afrika, kon dié instelling kwalik ’n impak op grondhervorming maak.

Hoewel die Landbounavorsingsraad (LNR) oor die afgelope eeu in die een of ander vorm ’n sleutelrol gespeel het in die opbou en ontwikkeling van die kommersiële landbou in Suid-Afrika, kon dié instelling kwalik ’n impak op grondhervorming maak, sê dr. Yolisa Pakela-Jezile, hoof van die LNR se afdeling vir tropiese en subtropiese gewasse in Mpumalanga.

Sy skryf dit grootliks toe aan twee faktore, naamlik die manier waarop staatsinstellings soos die LNR gestruktureer is en die manier waarop die staat eienaarskap van begunstigdes van grondhervorming en restitusie weerhou het oor die jare.

“Ek het in die 15 jaar dat ek vir die LNR werk, baie hard probeer om dieselfde doeltreffendheid waarmee ons die kommersiële landbou kon bystaan, ook op grondhervorming toe te pas, maar ons sukseskoers was minder as 10%.

“In my soeke na die oorsaak van ons mislukkings het ek besef staatsinstellings is gestruktureer om teen mekaar mee te ding en boonop is ons begrotings elke jaar besnoei.”

Sy sê die beleid oor grondeienaarskap in kommunale gebiede maak dit moeilik vir kommunale boere. Hulle het geen sekuriteit waarteen hulle landboulenings kan aangaan nie en daarom bly hulle vasgevang in hul situasie.

Pakela-Jezile sê daarom het sy ingestem om in die direksie van die nuwe Mpumalanga-tak van die Partners in Agri Land Solutions (PALS) te dien. “Miskien gaan ons meer regkry as ons met mense saamwerk wat boerdery en die landbou verstaan.“Ons is wetenskaplikes, maar PALS kan ons help om wetenskap vir gewone boere toeganklik en verstaanbaar te maak. Min opkomende boere besef die landbou is wetenskap.”

Die PALS-raamwerk steun swaar op opleiding, regverdige kontrakte en die beginsel van eienaarskap vir opkomende boere. Pakela-Jezile sê dit is veral in die fynere beginsels van besigheid dat opkomende boere opleiding en hulp nodig het. “Hulle weet byvoorbeeld nie hoe om te onderhandel met inset- en kredietverskaffers nie en baie min van hierdie boere kan die bankvorms reg invul wanneer hulle aansoek moet doen om lenings.”

Sy glo met PALS kan opkomende boere opgelei word in alle fasette van besigheid, wat hulle baie kan help om uiteindelik kommersiële boere te word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
-0.8%
Rand - Pond
20.13
-0.2%
Rand - Euro
17.68
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,694.80
-1.1%
Silwer
20.13
-2.6%
Palladium
2,192.88
-3.1%
Platinum
916.50
-1.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot