AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Hieroor gaan Afriforum Dundee-boer help

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Die dood van die 17-jarige Qiniso Dlamini tydens ’n skietvoorval op mnr. Garth Millen Simpson (68) se plaas Uitkyk by Dundee in KwaZulu-Natal is ’n tragedie. Dit moet soos enige voorval waarin ’n landsburger sy lewe in ’n gewelddadige konfrontasie verloor, deeglik ondersoek word om te verseker dat geregtigheid geskied.

Daarom het mnr. Ernst Roets, ondervoorsitter van AfriForum, op Donderdag 14 Oktober op ’n nuuskonferensie in Centurion, Gauteng, aangekondig dat die burgerregte-organisasie regshulp aan Simpson gaan verleen.

Roets het verduidelik dat AfriForum die hulp van die regskenner dr. Lwellyn Curlewis ingeroep het om die saak te ondersoek nadat Simpson die organisasie om hulp genader het.

Curlewis, wat ook by die nuuskonferensie was, het verduidelik dat hy self na Glencoe gereis het om die omstandighede rondom die voorval waarin Dlamini geskiet is te ondersoek. Hy het gesê alles het begin by beweerde veediefstal en Simpson het volgens die letter van die wet opgetree toe hy die ongeveer 30 beeste wat na bewering gesteel was, op sy plaas geskut en die polisie en sy bure in kennis gestel het.

Oor die skietvoorval self het hy gesê die hof sal moet beslis, maar hy wys daarop dat dit baie belangrik is dat die selfoonvideo waarop die voorval vasgevang is as bewysstuk voor die hof moet kan dien.

“Elke mens wat in hierdie land doodgaan, is tragies, maar ons moenie toelaat dat politiek en beskuldigings van rassisme ons oordeel oorskadu wanneer dit by die reg en geregtigheid kom nie.”

POLITIEKERY

Dit is juis omdat die saak verpolitiseer is tot op die punt dat daar klaar buitegeboue op Simpson se plaas aan die brand gesteek is terwyl hy op 29 September die eerste keer in die Landdroshof op Ladysmith verskyn het, dat AfriForum besluit het om betrokke te raak.

“Ons raak normaalweg nie by individue se sake betrokke nie, maar maak wel uitsonderings wanneer sulke sake die breër gemeenskap raak,” het Roets verduidelik. “Dit is belangrik om te besef dat etlike krisisse Suid-Afrika in die gesig staar. Ons het ’n onbevoegde staat, ’n gebrek aan aanspreeklikheid en deursigtigheid in ons regering en hier heers ’n klimaat wat haatspraak teen minderhede goedkeur en geweld teen boere word as minder onaanvaarbaar deur die staat hanteer.”

Hy het gesê Suid-Afrika se samelewing spring deesdae van een spektakel na ander. “Waar daar konflik tussen verskillende mense was, of dit nou rassisties was of nie, hoor ons slagspreuke van geregtigheid en waardigheid waardeur minderheidsgroepe dikwels die sondebok gemaak word sonder dat onderliggende probleme wat die kultuur waarbinne sulke voorvalle plaasvind, aangepak word.”

Suid-Afrika is siek, het hy Roets gesê, en hy blameer die regering vir die toestand waarin die land homself bevind. “Nog niemand het kanker genees deur die sing van slagspreuke nie. Die probleem moet aangepak word.”

Hy het gesê boere bevind hulself in ’n besonder kwesbare situasie. Hulle leef in vrees vir plaasgeweld en plaasaanvalle, besetting en betreding, terwyl die swaard van onteiening sonder vergoeding oor hul koppe gehou word.

Dan is daar probleme met die ondoeltreffendheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die polisie se onvermoë om die sentrale vuurwapenregister en vuurwapenlisensiëringsproses doeltreffend te bestuur.

“Die probleem met landelike geweld in Suid-Afrika is dat dit ’n misdaadfenomeen is wat deur politici geromantiseer word in slagspreuke en protesliedere,” het Roets gesê. “Daarom het AfriForum besluit om Simpson se saak te help verdedig, want politici het hom in die openbaar verhoor en skuldig bevind nog voordat die hof die saak aangehoor het.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.03
-1.1%
Rand - Pond
19.80
-2.0%
Rand - Euro
17.56
-1.1%
Rand - Aus dollar
11.69
-0.5%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,653.77
-0.4%
Silwer
18.75
-0.8%
Palladium
2,205.00
+2.5%
Platinum
867.50
+0.1%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
57,188
-0.4%
Alle aandele
63,567
-0.4%
Hulpbronne 10
60,135
+3.9%
Industriële 25
77,110
-1.8%
Finansiële 15
13,770
-2.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
I Just love my life..... What about you....
I am a Lady with strong values in life. What you see is what you get. A plain Jane. Love the outdoor and try to make the best of each day. Elke nuwe dag is net geleen vir ons....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot