AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Hoe en waar swart kopers plase koop

Swart mense kóóp landbougrond, maar verkies kleiner stukkies grond in distrikte wat tradisioneel deur hul mense bewoon is.

Interessante inligting in 'n grondoudit wys op sekere kooppatrone by swart mense wat landbougrond van 2010 tot 2016 gekoop het.

Dié oudit, wat mnr. Johann Bornman van Agri Development Solutions (ADS) met die samewerking van Landbou.com doen, dui aan dat swart kopers hulle veral toespits op sekere grond in Mpumalanga, in Limpopo, die noordooste van KwaZulu-Natal, die oostelike dele van die Oos-Kaap, en Rustenburg en Marikana in Noordwes. Heelwat transaksies vind ook in Gauteng by stede plaas.

Hy sê dié neiging toon 'n groot korrelasie met waar mense van kleur hulle geskiedkundig gevestig het. Voorts koop mense van kleur kleiner stukkies grond – kleiner as 50 hektaar – in dié gebiede, of rondom dorpe. Uit die aard van die saak betaal hulle meer vir dié grond.

Bornman sê data van die aktekantore wys dat swart mense (oftewel mense van kleur) van 2010 tot 2016 verantwoordelik was vir 17,1% van landbou-grondaankope in Suid-Afrika. Vir dié 5 886 transaksies is R44,9 miljard vir 3,034 miljoen hektaar betaal.

Totale verkope van grond

In totaal is 34 994 transaksies in Suid-Afrika teen R206,8 miljard vir 17 669 994 hektaar beklink.

In dieselfde tydperk het die Regering slegs 7,6% of 1,354 miljoen hektaar van die landbougrond gekoop. Dit beloop 1 338 transaksies van R9,576 miljard. Die Regering het ook 1% van die landbougrond vir stedelike of dorpsontwikkeling gekoop.

Volgens Bornman het aankope van landbougrond deur die Regering in 2011 gepiek, toe 460 487 hektaar gekoop is, maar dit het in 2016 tot die aankoop van 76 735 hektaar afgeneem.

In die ooreenstemmende tyd het private aankope van grond in 2013 'n hoogtepunt bereik, toe 240 878 hektaar gekoop is. Private aankope van grond het egter in 2016 tot 151 575 hektaar verminder.

Wat Regering betaal

Bornman het bevind dat die Regering net op enkele uitsonderings na nie meer as markwaarde vir grond betaal nie. Sy ontleding van grondverkope op distriksvlak bevestig dié waarneming.

Die gemiddelde prys wat vir grond deur verskillende groepe kopers betaal is, is:

Gemiddelde prys deur mense van kleur: R14 812/ha.

Regering: R7 074/ha.

Stedelik: R52 847/ha.

Private kopers: R14 071.

Res  R40 744/ha. (Dit is transaksies, soos mynbou, Eskom, padagentskappe, ens.)

Bornman sê grond-, die besit daarvan of indirekte toegang daartoe, het nog altyd sentraal gestaan in die bestaan van die mensdom en is of was verantwoordelik vir van die grootste konflikte in die mens se geskiedenis. Suid-Afrika is nie anders en die geskiedenis bevestig dit.

Die grondkwessie is sentraal

“Gegewe die rol en bydrae oor tyd tot die ontwikkeling van die land en teen die agtergrond van die geskiedenis, kan die grondkwessie nie anders as om sentraal te staan in sake van die dag in die land nie.

“Die aanvanklike toetrede tot die landbou/boerdery was verseker nie die aanvanklike plan van die VOC of ‘die Jan’ nie. Om die voedsel- en hulpbronvoorsieningsplan aan die destydse skeepvaart te laat slaag, was die vestiging van boerdery die oplossing. Bestaande hulpbronne van die tyd kon gewoon nie byhou om produkte te voorsien nie. Besitreg van grond was die onderbou teenoor 'n nomadiese en of kommunale bestaan van die inheemse mense van daardie tyd.”

Só was die landbou/boerdery integraal as hoeksteen tot die ontwikkeling van die land, tot die ontdekking van diamante en goud en die gevolglike vestiging van die nywerheidsektor. In 1922 was die bydrae van die landbou tot die BBP so hoog as 22,2%, met mynbou 18,3%, die fabriekswese 7,3%, handel 15,6% en dienste/res 36,6%.

Die verhoudings

Meer onlangs (2015) beloop die verhouding só: die landbou +/- 2% (die totale bydrae direk en indirek is meer as 26%), mynbou 8,3%, die fabriekswese 13,8%, handel 15,1% en dienste/res 61,8%.

In 1918 was Suid-Afrika se bevolking 5,2 miljoen mense waarvan 1,2 miljoen stedelike -of dorp bewoners wat 23,4% van die totaal verteenwoordig. Tans staan die bevolking op 56,9 miljoen, waarvan 37,6 miljoen (65%) stedelike inwoners is. Teen 2030 sal die bevolking na raming groei tot 66,9 miljoen, waarvan 71,3% of 47,7 miljoen (soveel as die totale RSA-bevolking van 2006) sal verstedelik. Die demografie dui verder daarop dat 49,2% van dié mense tans jonger as 24 jaar is.

Die kwessie van die migrasie van die bevolking asook die veranderde rol van die landbou oor tyd kan nie anders as om midde te staan in die behoefte stelling na en aanwending van grond in die land nie.

Bornman sê net soos die veranderende gesig van die makro-omgewing van die land, het die landbou ook aangepas en verander, gegewe die landbou-ekonomie van die tyd.

Grondhervorming is nodig

“Die groot nodigheid vir grondhervorming en die fyn balans om volhoubaar voedselsekerheid te verseker, spreek vanself, maar dit moet in konteks en met groot omsigtigheid benader word. Om tot 'n werkbare en langtermyn volhoubare oplossing van dié veelhoekige en baie komplekse grondkwessie te kom, is dit nodig om die feitlike inligting oor die besit en/of okkupasie van grond deur die mense van die land as belangrike boublok in die proses te gebruik.”

Die gronddebat word hoofsaaklik gevoer, gebaseer op sentiment, emosie, politiek en die meeste van die tyd bedenklike sienings wat sommer in feite omgetower word. “Dis kwalik 'n manier om tot 'n werkbare antwoord vir die probleem te kom,” sê hy.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
-0.9%
Rand - Pond
20.19
+0.2%
Rand - Euro
17.59
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.9%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,716.45
-0.6%
Silwer
20.70
-1.8%
Palladium
2,258.50
-2.8%
Platinum
923.65
-1.1%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
n Man opsoek na n maatjie
Ek is n Christen en soek n Christen maatjie. Ek leef eenvoudig, is baie lojaal en hou van vrede in my lewe. Ek is n introvert maar kan sosiaal wees as ek moet. Ek verkies...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot