AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9028
-64,00
CORN
04 Okt
-
4799,2
-86,80
SOYA
04 Okt
-
9289,8
-75,20
SUNS
04 Okt
-
10190
10,00
WEAT
04 Okt
-
7199
0,00
WMAZ
04 Okt
-
4917
-67,00
YMAZ
04 Okt
-
4575
-40,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Hoe help minder kosvermorsing?

Kan verminderde kosvermorsing die druk op hulpbronne verlig?

Daar is ’n verskil tussen voedselverliese en kosvermorsing. Voedselverliese dui op die voedsel wat die plaashek verlaat en nie die verbruiker bereik nie en dui op verliese tydens oes en verwerking – tot soveel as 40% gaan so verlore in ontwikkelende lande.

Dieselfde persentasie voedsel gaan weer in ontwikkelde lande verlore omdat dit ongeëet in die asblikke van huishoudings, eetplekke en die handel, beland. Tot een derde van alle voedsel gaan só verlore – ’n geraamde 1.3 biljoen ton eetbare kos of meer as die helfte van die wêreld se graanproduksie.

Vir Europa en Noord-Amerika word dié verliese geraam op 95 kg tot 116 kg per kapita en in Afrika suid van die Sahara, Suid- en Suid-Oos Asië beland 6 kg tot 11 kg per kapita ongeëet in asblikke. Vermorsing in die VSA alleen beloop $218 miljard, of 1.3% van die BBP, en ’n beraamde 1.4 miljard hektaar se kosproduksie is wêreldwyd in gedrang. Dit is meer as die grondoppervlak van China.

Anders gestel beteken dit dat 30% van die landoppervlakte wat tans vir kosproduksie aangewend word, se produkte nooit die verbruiker bereik nie. ’n Beraamde twee miljard ondervoede mense kan met verliese van dié omvang gevoed word, maar nog belangriker is dat vir elke 20%-besparing aan verliese, kan ’n addisionele 870 miljoen honger mense gevoer word. As verliese in Latyns-Amerika en Afrika bekamp kan word, kan ’n ekstra 600 miljoen mense kos kry, aldus die FAO.

Hou balans

Daar is dus baie werk deur voor Afrika se eie deur te begin vee, maar so ’n strewe kom ook met ’n waarskuwing ten opsigte van perspektief. Die kosverliese wat verminder moet altyd meer werd wees as die koste om dit te verminder en hierin faal baie goed bedoelende hulporganisasies dalk. Op meer praktiese vlak, beteken enige vermorsing op sub-optimaliteit.

Volgens die FAO gaan 21% van alle vars water verlore en 19% van alle kunsmis word vermors weens of voedselverliese en/of voedselvermorsing. Produkte wat die plaashek verlaat, word omvorm tot verbuikbare kommoditeite deur middel van ’n legio van dienste en produkte wat in dié proses aangewend word.

Die sogenaamde bemarkingsmarge verduidelik die verskil tussen die plaashekprys en verbruikersprys en namate verbruikers se behoefte verander, word meer en meer waarde toegevoeg in die waardeketting. Die verskil bestaan uit koste en wins, want enige verwerking is geregtig op regmatige vergoeding.

Boere is prysnemers

In die meeste gevalle is boere prysnemers en is die vraag na hul produkte ’n afgeleide. Die Nasionale Bemarkingsraad publiseer gereeld verslae oor die verloop van die bemarkingsmarge en die produsente-aandeel in die verbruikersrand. Gewoonlik daal laasgenoemde namate die gesofistikeerdheid van die verbruik toeneem.

Meer toegevoegde waarde word verkoop in die finale vraagproduk as die plaas-ekwiwalent van die betrokke produk. Die jongste ontledings van dié Bemarkingsraad dui op die impak van die huidige veranderings op plaasvlak. Wat graad A2/A3-lam aanbetref het die plaaswaarde toegeneem tot meer as 82% in April vanjaar ondanks die 4.5%-daling van Februarie tot April. Die bemarkingsmarge was in April vanjaar gemiddeld R13.31/ kg, of bykans 29% meer as in Februarie 2017.

Dié tendens dui op die mate wat die handel die styging in plaashekpryse absorbeer het, want die mark sal nie die huidige plaashekpryse kan bekostig, sou normale marges in die handel geld nie. In die geval van graag A2/A3-beesvleis, was produsente slegter daarna toe as in die geval van lam, want die plaaswaarde wat die verbruiker betaal, is in April geraam op net minder as R60, wat beteken dat die marge van Februarie tot April 2017 met amper 3% tot R30.78 afgeneem het. Die plaaswaarde van die finale vraagproduk het egter met 4.3% toegeneem oor dieselfde tydperk.

Goeie nuus vir mielies

Wat die verbruik van mielies aanbetref, is daar baie goeie nuus. Die bemarkingsmarge van 5 kg super mieliemeel het van R4 141/ ton in Februarie afgeneem tot net meer as R3 000/ton. Die plaaswaarde was net minder as 55% in Februarie, maar het toegeneem tot amper 65% in April, met geringe toename in die marge vir die jaar tot April 2017.

Die skerp daling in die bemarkingsmarge is die gevolg van dalende plaashekpryse, maar die persentasiestyging in die plaaswaarde dui daarop dat die handel self die impak van dalende plaashekpryse absorbeer. Dit kan produsente help om die impak van die rekordoes op hande op plaaspryse te versag, maar dit sal bepaald nie volhoubaar wees uit die oogpunt van die verwerkers nie.

Daarmee saam kry verbruikers die voordeel van dalende plaashekpryse. Alhoewel pryse belangrik is by keuse van verbruik, is ontsag vir die produk in terme van oorsprong en koste binne die hele waardeketting noodsaaklik. Verbruikers sal tot ’n groter mate moet pa staan om nie te mors met kos nie en behoort daarop aan te dring dat dieselfde respek nodig is in die prosesse betrokke van plaashek tot winkelrak.

* Dr. Kobus Laubscher is 'n landbou-ekonoom en voormalige hoofbestuurder van Graan Suid-Afrika.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.75
+0.5%
Rand - Pond
20.18
+0.1%
Rand - Euro
17.53
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.55
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,709.25
+0.6%
Silwer
20.90
+0.9%
Palladium
2,266.59
+1.9%
Platinum
912.01
+0.8%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,137
+2.2%
Alle aandele
65,649
+2.2%
Hulpbronne 10
63,184
+2.5%
Industriële 25
79,364
+2.4%
Finansiële 15
14,042
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my hooi vurk
Enige in my soort uniek skamerig hardwerkend dink darm ekt redelike goeie maniere. ag leer my net ken. Ek sal jou hand vashou as ons in die straat stap darm
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot