Sowat die helfte van vroulike plaaswerkers in Limpopo en Mpumalanga is MIV-positief.
Luidens ‘n berig op News24.com is dié statistiek bekend gemaak. Volgens die studie is ‘n derde van die manlike werkerskorps in dié provinsies MIV-positief.
Die studie is deur die Internasionale Organisasie vir Migrasie tussen Maart en Mei vanjaar gedoen, en het op 23 plase in Malelane, Tzaneen en Musina gefokus.
Hoogste onder werkerspopulasie
Volgens die resultate het 39,5% van die plaaswerkerskorps wat op ‘n anonieme basis bloed vir die studie geskenk het, positief getoets. Meer as die helfte van hulle was vroulik.
Dié vlak van infeksie is dubbel die aanvaarbare persentasie, van 18,1%, van die Verenigde Nasies se Program oor Vigs in Suid-Afrika, sê mnr. Mark Colvin, die navorsingsleier.
Dit is ook die hoogste persentasie onder ‘n werkerspopulasie nóg.
Bron: News24.com
28 November 2010