AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Hoe raak munisipale verkiesings landbou?

Die nadraai van betogings, gewelddadige optrede en plaaslike verkiesings het ’n invloed op alle Suid-Afrikaners — ook dié in die landbou.

Suid-Afrikaners word gereeld daaraan herinner dat ons samelewing gekenmerk word deur gewelddadige betogings en dat ons ná 22 jaar van demokrasie steeds ’n betogingsiklus beleef.

’n Groot deel van die bevolking het ondanks die politieke ooreenkoms wat in 1994 bereik is, nie ekonomiese voorspoed ervaar nie.

Mylpale

Onlangse navorsing deur die Instituut vir Sekerheidstudies lê klem op die volgende mylpale wat ’n impak op die waarde van die rand en boere se landboukommoditeitspryse mag hê.

¦ Die munisipale verkiesings word in Augustus vanjaar gehou. Die eerste gewelddadige betogings het reeds in Tshwane voorgekom.

¦ Suid-Afrika kan ’n kredietafgradering aan die einde van vanjaar of in volgende jaar verwag. Dit lyk ál meer onafwendbaar omdat ekonomiese groei laag kan bly. Die rand kan verder verswak.

¦ Die uitkoms van die verkiesing van die nuwe ANC-president in Desember volgende jaar.

¦ Die volgende nasionale en provinsiale verkiesings is geskeduleer vir 2019 en 2024.

Vooruitsigte

Die waarskynlikheid is groot dat daar teen Desember volgende jaar met die ANC se kongres nie ’n ideologiese wenner gaan wees nie. Gevolglik word verwag dat ’n ANC-alliansie van hervormers en tradisionaliste ná volgende jaar sal regeer.

Onmin in regeringskringe sal uitbrei en die konflik tussen hervormers en tradisionaliste sal toeneem. Dit sal tot voordeel van die EFF en die DA se ondersteunings basis wees. Suid-Afrika sal waarskynlik sy beleggingstatus aan die einde van vanjaar of in volgende jaar verloor, maar dit teen 2022 herwin.

Die swak bestuur van semi-staatsinstellings sal voortgaan sonder die nodige bydraes van die private sektor. Die minimum loon kan styg tot R3 500. Betogings oor swak dienslewering sal voortduur. Dit sal die funksionering van party plaaslike munisipaliteite verder bemoeilik. Ekonomiese groei kan tot ’n gemiddelde van 2,5% per jaar tot 2024 herstel. Dit is tans 0,7%.

Hervormers

Indien die sogenoemde hervormers binne die ANC op die nasionale kongres in Desember volgende jaar die oorhand kry en pres. Jacob Zuma as leier van die ANC én president van Suid-Afrika uittree, is daar hoop op beter ekonomiese groei. Dit sal ook so wees as die ANC in 2018 skeur en die ANC-hervormers ’n nuwe party stig om ná die 2019-verkiesing in alliansie met die DA te regeer.

Senior staatsamptenare sal dienooreenkomstig die voorstelle in die Nasionale Ontwikkelingsplan na verdienste aangestel word. Suid-Afrika sal sy beleggingstatus in 2022 herwin. Die minimum loon sal dan R2 700 beloop. Semi-staatsinstellings sal beter begin presteer.

Die regering sal ’n laekoste-beleggingsplan toepas om elektrisiteitsvoorsiening te takel. Protes teen swak dienslewering sal steeds ’n werklikheid wees, maar die nuwe leiers sal na gemeenskappe kan uitreik. Vertroue in sleutelinstellings, soos die Openbare Beskermer, die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag, sal toeneem.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie sal minder aangewese wees op kommoditeite en meer steun op die uitvoer van huishoudelike goedere en dienste na Afrika en Indië. Die vervaardigingsektor sal ’n hupstoot kry en die ekonomie kan tot 2024 teen 4% per jaar groei.

Tradisionaliste

Indien tradisionaliste die ANC se nasionale kongres in Desember volgende jaar oorheers, is die verwagting dat ’n groot faksie uit die ANC kan wegbreek. Die res van die ANC sal die bestaande beleidsrigtings volg en moontlik ná die verkiesing in 2019 ’n alliansie met die EFF in Gauteng sluit. Die ANC sal op nasionale vlak aan bewind bly met die hulp van kleiner partye.

Belangrike staatsinstellings, soos die Tesourie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, kan deur tradisionaliste gekaap word. Die ANC kan in 2018 skeur of verdeel en sy steun in stedelike gebiede kan verder daal. Suid-Afrika se kredietgradering sal tot 2024 op ’n sub-beleggingsvlak bly. Die minimum loon sal styg tot R4 500. Meer gewelddadige betogings word tydens verkiesingsdatums verwag en betogings oor swak dienslewering sal toeneem.

Sekere gebiede binne stede kan toenemend polities afgesonder word. Die landbou- en vervaardigingsektore wat nie op uitvoer gerig is nie, se produksie kan nadelig deur die ekonomiese toestande geraak word. Die ekonomie word steeds deur groot ondernemings oorheers wat nie hul beleggings en blootstelling in die plaaslike mark wil verhoog nie. Kommoditeite en die uitvoer daarvan sal die grootste bydrae tot die ekonomie lewer.

Suid-Afrika sal teen 2022 al ’n ooreenkoms met die Internasionale Monetêre Fonds bereik en die jaarlikse ekonomiese groeikoers sal min of meer by ’n gemiddelde groei van 1% stagneer.

  • Wessel Lemmer is ’n senior landbou-ekonoom by Absa-Agribesigheid in Johannesburg. Die artikel is ’n samevatting van navorsing deur dr. Jakkie Cilliers en me. Ciara Aucoin van die Instituut vir Sekerheidstudies in Pretoria. Die navorsing is beskikbaar by www.issafrica.org/ publications.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.69
+0.8%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.59
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,710.00
+0.6%
Silwer
20.89
+0.9%
Palladium
2,317.00
+4.2%
Platinum
922.50
+2.0%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,679
+3.2%
Alle aandele
66,115
+2.9%
Hulpbronne 10
64,190
+4.1%
Industriële 25
79,776
+2.9%
Finansiële 15
14,077
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot