AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Hoë wolpryse hou ook risiko in

Hoewel die hoë wolprys goeie nuus vir plaaslike wolboere is, hou dit ook ’n bedreiging vir die bedryf in.

Hoewel die reuse sprong van bykans 20% op die eerste wolveiling van die nuwe seisoen verlede week in Port Elizabeth wyd verwelkom is, hou dit ook die gevaar in dat sommige boere wat op die wolwa klim nie genoegsame aandag aan hulle skeerselvoorbereiding sal gee nie.

Mnr. Guillau du Toit, voorsitter van die Nasio­nale Wolkwekersvereniging (NWKV) van Suid-Afrika, het dié moontlikheid tydens ’n onderhoud met Landbou.com geopper.

Volgens Du Toit is die skerp styging in pryse oor die hele spektrum van woltipes ’n aanduiding van die goeie aanvraag en suksesvolle bevordering van die vesel deur die Internasionale Woltekstielorganisasie (IWTO). “Diegene wat onder moeilike omstandighede vasgebyt het, word nou beloon.”

Dit beteken nie dat pryse nie kan terugsak nie. Dit kan met redelike sekerheid aanvaar word dat die goeie prysvlak vir die res van die seisoen te wagte kan wees. Dit is veral betekenisvol dat pryse in Australië, waar hulle geldeenheid nie tot dieselfde mate as die rand deur wisselkoersskommelinge geraak word nie, ook skerp gestyg het.

Kwaliteit

Du Toit sê die gevaar met sulke hoë pryse is dat daar op kwaliteit ingeboet word as daar boere is wat vinnig uit die hoë wolprys wil munt slaan. “Dit kan die goeie naam van die Suid-Afrikaanse skeersel skaad.”

Du Toit meen dat die goeie wolprys reeds ingeprys is op produksieveilings waar tussen R11 000 en R12 000 vir kommersiële Merinoramme betaal word. “Dit kan egter ook as prysstut dien op ramveilings waar die gemiddelde pryse gewoonlik laer is.”

Du Toit sê ’n kritieke droogte duur steeds in die Noord- en Wes-Kaap voort. “Hier in ons distrik (Fraserburg) het dit sedert begin April nog net 25 mm gereën. Omdat dit ’n winterreënvalstreek is, moes ons reeds sowat 250 mm gemeet het. Dit meen dat ons ’n droë somer in die gesig staar, sou die reën verder wegbly.”

Mnr. Leon de Beer, hoofbestuurder van die NWKV, sê hoewel die goeie wolpryse ’n aansporing vir hoër produksie is, dit nie oornag sal gebeur nie. “Goeie wolskape is tans baie skaars en bestaande boere gaan eerder hulle kudde uitbou as om aanteelvee te verkoop.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Geloof, Hoop, Liefde
Ek is sag en liefdevol, n omgee en hartsmens, wat lief is vir die natuur, diere, kinders en oumense. Ek hou van lag, selfs vir myself en kan lekker jonk van gees wees en steeds...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot