AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Hoender swaarder ná inspuitings

Gevriesde hoender wat tot die helfte swaarder weeg nadat dit met ’n soutoplossing ingespuit is, kan moontlik ’n kwessie van nasionale belang wees.

Gevriesde hoender wat tot die helfte swaarder weeg nadat dit met ’n soutoplossing ingespuit is, kan moontlik ’n kwessie van nasionale belang wees.

Toetse van die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies (NRVS) wys dat individuele hoenderporsies, wat volgens regulasie nie met ’n soutoplossing ingespuit moet word nie, ’n beduidende gewigstoename toon.


Die reguleerder het sy bevindinge aan die Parlement se portefeuljekomitee van landbou, bosbou en visserye bekend gemaak. Mnr. Jaco Marneweck, senior bestuurder: inspeksies regsmetrologie, het gesê hulle het gevind dat hoenderporsies by nege van die vervaardigers van gevriesde hoender gemiddeld 33% swaarder geweeg het nadat dit verkoel en ingespuit is. Dit het 29% swaarder geweeg nadat dit gevries was en 19% swaarder nadat dit ontdooi is.


Daar was ook gevalle waar die hoender 50% swaarder geweeg het weens die inspuitings, wat op ’n ernstige probleem dui, het hy gesê. Met heel hoenders wat gevries is, het die hoenders gemiddeld 7% meer geweeg ná die verkoeling en inspuitings en nadat dit gevries was, het dit 10% meer geweeg. Nadat hulle ontdooi is, het die heel hoenders 7% meer geweeg.


’n Vraag het by die komitee ontstaan of die hoenders dalk ingespuit word vir gewigstoename en nie vir smaakdoeleindes, soos die bedryf aanvoer nie.

Mnr. Deetlefs du Toit, DA-LP, het prontuit gesê hy glo nie dat die hoender vir smaakdoeleindes ingespuit word nie. “Waarom moet die produsent vir die verbruiker besluit hoe die hoender moet smaak?”


Hy het voorgestel die Staat stel ’n driepunttoetsstelsel vir die weeg van die hoenders in sodat grafieke van die gewigstoename saamgestel kan word.

Dr. Boitshoko Ntshabele, direkteur van voedselveiligheid en gehalte-versekering by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, het aangedui hy kan nie antwoord waarom die bedryf die toelaatbare 8% gewigstoename so erg oorskry nie.


Mnr. Andries Pretorius, direkteur van voedselkontrole by die Departement van Gesondheid, het uitgewys dat die praktyk om hoender met ’n soutoplossing in te spuit reeds 20 jaar in die land en internasionaal meer as 25 jaar gebruik word.

“Daar is ook gevalle waar vars hoender en gevriesde hoender hier en dié wat ingevoer word met ’n soutoplossing behandel is.”


Volgens die departement hou die behandelde hoender uit ’n “voedselveiligheidsoogpunt” geen gesondheidsgevare in nie. Maar Pretorius het wel uitgewys dat die kwessie van verskuilde soute, suiker en transvette onder bespreking is. Dit is veral pasta, brood en hoender wat hoë verskuilde soutvlakke het.


Mnr. Lulu Johnson, voorsitter van die portefeuljekomitee, het aangedui dat hierdie kwessie een van nasionale belang is. “Dit blyk dat ons alles en enigiets sonder enige monitering van ander lande inkry. Diabete word aangesê om nie groot hoeveelhede sout in te neem nie, maar die hoender word met sout ingespuit,” het hy gesê.

Mnr. Kevin Lovell, hoofbestuurder van die Suider-Afrikaanse Pluimveevereniging, het aan Landbouweekblad gesê hulle het die staat in 2006 genader met voorstelle omdat die huidige regulasies verouderd is. Die staat het nie daarop gereageer nie.


Die bedryf is nie na die komiteevergadering genooi nie. Lovell het gesê die huidige regulasies dek nie die produksiepraktyke van die moderne bedryf nie. Dit is geskryf voor die tegnologie beskikbaar was.


“Daar is wanpersepsies. Ons spuit nie ’n soutoplossing in nie. Dis ’n vorm van vog wat jy in die spiere wil reguleer. Dit is water en verskillende soute. Dit moet die PH van die vleis verander sodat die vleis nie so baie van sy natuurlike vog met die vriesproses verloor nie.” Die hoenderbedryf doen dit in navolging van die varkbedryf.


Heel hoenders vorm ’n klein persentasie van die bedryf in die land. In Suid-Afrika is meer as 90% van die hoenderprodukte bevrore. Altesaam 85% van al die hoenderprodukte bestaan uit hoenderporsies.


Die regulasies hanteer net heel hoenders in terme van gradering. Die bedryf stel voor dat hoenderporsies gegradeer moet word, want dit is die produk wat meeste Suid-Afrikaners koop.


Die Landbounavorsingsraad doen nou navorsing om ’n maksimum persentasie, toelaatbare soutoplossing vir hoender te bepaal. Die standaarde sal dan in die Wet op Landbouprodukstandaarde (Wet 119 van 1990) vervat word.


23 Maart 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.91
+0.9%
Rand - Euro
18.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,651.58
-1.1%
Goud
1,912.75
-1.9%
Silwer
23.45
-2.2%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot