Mnr. Paul Matthew, uitvoerende hoof van die organisasie, het op ’n webinaar van AMIE gesê die private sektor moet kyk watter rol hy kan speel om die regering hiermee te help.
Hy het die sitrusbedryf se groot uitvoersuksesverhaal as ’n voorbeeld gebruik en gesê daar is soortgelyke geleenthede vir die hoendervleisbedryf.
Volgens mnr. Donald MacKay, uitvoerende hoof van XA International Trade Advisors, kan plaaslike produsente ’n groot premie verdien indien hulle borsvleis na die Europese Unie (EU) uitvoer.