
'n Werknemer van RCL Foods wat ná sowat 30 jaar in diens by die maatskappy afgelê is, is een van 1000 mense wat haar werk by die maatskappy verloor het weens die storting van hoender uit die Europese Unie in Suid-Afrika.
Dié werker en verteenwoordigers van die hoenderbedryf verskyn in 'n video oor die effek van hoenderstorting in die Suid-Afrikaanse mark.
Onder die senior bestuurslede uit die bedryf wat hulle skok en vrees oor die huidige krisis uitspreek, is mnr. Scott Pitman, uitvoerende direkteur van Rainbow Foods, mnr. Kevin Lovell, uitvoerende hoof van die SA Pluimveevereniging en mnr. Zwelinzima Vavi, voormalige Cosatu-hoofsekretaris
Kyk hier na die video van die Fair Play-veldtog wat die probleme rondom hoenderstorting verduidelik.