AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Hoenderinvoerders skop vas teen tarief

Die vere waai opnuut tussen hoenderinvoerders en plaaslike hoenderprodusente, dié keer oor hoender uit Europa.

Die Vereniging van Vleisinvoerders en -uitvoerders (Amie) het 'n veldtog begin waarin hy sê ingevoerde hoender help om hoender bekostigbaar te hou, maar plaaslike produsente probeer die Regering oortuig om dit deur invoertariewe duurder te maak. Die veldtog behels advertensieborde, gedrukte advertensies en 'n video getitel Outrageous Chicken op sosiale media. Laasgenoemde is binne 12 uur sowat 10 000 keer gekyk.

Die veldtog is in reaksie op die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) se aansoek by die Internasionale Kommissie vir Handelsadministrasie (Itac) vir beskermende landboumaatreëls teen Europese Unie (EU)-hoender, wat danksy 'n vryehandelsooreenskoms sonder tariewe die land binnekom. Itac het sy ondersoek hieroor in Februarie begin.

Mnr. David Wolpert, uitvoerende hoof van Amie, sê in 'n mediaverklaring die SAPV vra vir “proteksionistiese stappe” in die vorm van 'n invoertarief van 37% op EU-hoender, wat “potensieel verwoestend” sal wees. Hy sê die doel van die tarief is eintlik om plaaslike pryse vir hoender te laat styg. Wolpert sê die plaaslike bedryf pak die skuld vir sy probleme op ingevoerde hoender, pleks van om na hul eie sakemodelle te kyk.

Oor dieselfde kam

Mnr. Kevin Lovell, uitvoerende hoof van die SAPV, het in reaksie gesê sou dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, op aanbeveling van Itac besluit om voorlopige beskermende maatreëls in te stel, sal dit bloot beteken die EU word oor dieselfde kam geskeer as ander lande wat na Suid-Afrika uitvoer.

“Hulle sal op geen manier van enige mark uitgesluit word nie, maar sal moet meeding met verskaffers soos Brasilië en Argentinië.” Lovell sê in 2009 het sowat 0,5% van ingevoerde hoenderstukke aan die been uit die EU gekom, maar verlede jaar was dit meer as 80%.

‘SA is mededingend’

'n Onlangse verslag deur die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) en die Nederlandse Landbou-ekonomiese Instituut (LEI) wys volgens Lovell dat Suid-Afrikaanse hoenderprodusente 'n heel hoender goedkoper as enige EU-land kan produseer.

“Die punt is die EU verkoop sy oorskiet aan ons, teen oorskietpryse.”

Voordele

Lovell sê verder dié hoenderstukke word teen dieselfde of hoër pryse as plaaslike produkte aan verbruikers verkoop en hou dus geen voordeel vir verbruikers in nie. “Dit is net invoerders en kleinhandelaars wat voordeel trek.”

Lovell sê in die plaaslike bedryf word die meeste werkgeleenthede op die verwerkingsvlak geskep, daarna die plaasvlak en laastens die verkoops-, bemarkings- en verspreidingsvlak. “Dit is net op laasgnoemde dat invoerders met ons meeding vir werkskepping.

“Vir elke 10 000 ton vleis wat ingevoer word, verloor ons 1 069 regstreekse en onregstreekse werkgeleenthede. Sulke invoer het geen voordeel vir ons ekonomie nie.”

Pryse

Lovell sê ook 'n daling in invoer sal nie hoenderpryse op rakke laat styg nie, maar wel plaaslike produksie laat styg. “Dit is kommoditeitsprodukte dié, wat verkoop word teen kommoditeitspryse, en ons kon weens markmededinging nog nie eens die styging in die mielieprys verhaal nie.

“Vergeleke met die 2014-oes is die verwagte mieliepryspremium oor twee droogteseisoene vir sowel die eier- as hoendervleisbedrywe R4,6 miljard.” Lovell sê sou Itac dalk so gou as Julie 'n besluit neem en beskermende maatreëls aanbeveel, kan dit nog maande duur voordat voorlopige maatreëls in werking kan tree.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.20
+0.1%
Rand - Euro
17.63
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.49
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,709.09
-1.0%
Silwer
20.40
-3.2%
Palladium
2,291.73
-1.3%
Platinum
922.13
-1.2%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,285
-0.9%
Alle aandele
65,691
-0.9%
Hulpbronne 10
63,511
-1.6%
Industriële 25
79,643
-0.5%
Finansiële 15
13,949
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lief vir gesels, lees, skryf, teater. Die see, woude, berge ook. 'n Goeie kok. Oopkop en vrydenkend
Dankie dat jy my profiel lees. Ek is 'n omgeemens, met 'n wye ervaringskennis, en 'n baie goeie humorsin. Ek is intelligent, kreatief en oopkop, avontuurlustig,...
Let's write our journey together
I am a happy and outgoing person. Have a passion for animals and nature. I love to travel and discover new things. Love to have fun and and enjoy life in general. I think my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot