AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Hoendertariefdispuut: EU en Sadu maak albei aanspraak op oorwinning

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Carien Kruger
Ter illustrasie. Foto: Carien Kruger
Die Europese Unie (EU) en die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sadu) maak albei daarop aanspraak dat ’n paneel in hul guns besluit het in ’n dispuut oor hoenderinvoertariewe.

Albei streke het op 3 Augustus verklarings uitgereik oor wat hulle as hul oorwinnings beskou, nadat ’n bilaterale arbitrasiepaneel beslis het oor die EU se dispuut oor Sadu se vroeëre landboubeveiligingsmaatreël op hoenderstukke aan die been uit die EU.

Die beveiligingsmaatreël het in September 2018 teen 35,3% in werking getree en jaarliks verminder. Dit is in Maart vanjaar uitgefaseer en die paneel het Sadu dus nie opdrag gegee om enige stappe daaroor te doen nie.

Die EU kan in tans geen hoendervleis na Suid-Afrika uitvoer nie, weens ’n Suid-Afrikaanse verbod ná voëlgriepuitbrekings daar. Wanneer die verbod opgehef word, sal dié hoendervleis weens die ekonomiese vennootskapsooreenkoms (EVO) tussen die EU en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) die land tariefvry kan binnekom, buiten in gevalle waar teenstortingstariewe geld.

Sterk persedent vir toekoms

Die EU sê die paneel se dispuutbeslissing skep ’n sterk presedent vir toekomstige soortgelyke beveilingstariewe kragtens die EVO. Die streek het reeds in Junie 2019 met ’n proses begin om sy ontevredenheid oor die maatreël te lug en in April 2020 gevra dat ’n paneel aangestel word om die dispuut te besleg. Weens die covid-19-pandemie het die paneel sy werk eers op 29 November 2021 begin.

Volgens die EU was dit die eerste keer wat die EU ’n bilaterale meganisme vir dispuutbeslegting kragtens een van sy EVO’s aangevra het en het die beveiligingsmaatreël EU-uitvoer ter waarde van €183 miljoen (R3,1 miljard) geraak.

Die paneel het volgens die EU bevind dat die maatreël buite verhouding was en verder gegaan het as wat nodig was om ernstige skade of ontwrigting reg te stel of voorkom. Die EU sê verder die paneel het ook bevind die vertraging tussen die ondersoek en die aanvaarding van die maatreël was buitensporig en strook nie met die EVO nie.

Waaksame EU

Die EU sê hy sal waaksaam bly om te verseker “dat die EU-bedryf nie in die toekoms aan enige verdere ongeregverdigde beperkings onderwerp word nie”.

Me. Paulina M. Elago, uitvoerende sekretaris van Sadu, het op haar beurt in die Sadu-verklaring gesê die paneelbeslissing is “ ’n historiese mylpaal” en oorwinning vir die Sadu-pluimveebedryf.

Volgens haar het die paneel die meeste van die EU se aansprake, spesifiek dié wat verband gehou het met die geografiese omvang van die maatreël, die vereiste vir ’n ondersoek, die toereikendheid van die inligting wat aan die EU voorsien is, asook die EU-versoek vir terugbetaling van die tariewe wat reeds betaal is, verwerp.

Elago sê die paneel het bevestig dat die EVO voorsiening maak vir ’n beveiligingsregime wat afwyk van die reëls van die Wêreldhandelsorganisasie en het die ontwikkelingskarakter van die EVO beklemtoon.

Sy sê die paneel se beslissing versterk Sadu se vertroue in “die kragtigheid van die veiligheidskleppe (in die EVO) om die SAOG-EVO-state se plaaslike bedrywe, wanneer nodig, teen invoer uit die EU te beskerm”.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is n introvert, baie lief v die natuur
Rustige liefde volle mens wat n maat soek wat lief kan he en na mekaar kan luister, en net die lewe geniet
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot