
McNaughton sê stygings in brandstofpryse is een van verskeie faktore wat boere se inkomste verminder. Dit plaas ook druk op inflasie, wat daartoe lei dat voertuigpryse styg en dit al hoe moeiliker raak om nuwe voertuie te koop of te vervang.
Volgens hom kan die verwagte toename in voertuigvoorraad in die komende maande veroorsaak dat pryse afwaarts aangepas word, maar sal wêreldwye inflasionêre druk, wat deur onder meer die stygende olieprys aangedryf word, voertuigpryse in die toekoms tot ’n hoër vlak dryf.
Stygende inflasie veroorsaak ook dat maandelikse paaiemente van gefinansierde voertuie styg, wat verbruikers onder verdere kostedruk plaas en ’n demper op die vraag na voertuie plaas. Volgens hom oorweeg sommige verbruikers om eerder hul voertuie in te ruil op goedkoper voertuie as hulle nie meer dié paaiemente kan bekostig nie. Dit werk egter net as die voertuig meer werd is as die uitstaande bedrag wat nog aan die bank betaal moet word.
“Met die huidige toename in die waarde van gebruikte voertuie kan dit ’n goeie opsie wees vir verbruikers om hul maandelikse uitgawes te verminder te midde van stygende rentekoerse.”