AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Hoër repokoers knou landbousektor verder

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die nuutste verhoging van die repokoers kom op ’n tyd dat vertroue in die landbousektor reeds afneem weens onder meer hoër insetkoste en voortdurende uitbrekings van dieresiektes, sê mnr. Paul Makube, senior landbou-ekonoom by FNB Landbou.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het gister aangekondig dat die repokoers met 75 basispunte tot 6,25% verhoog word.

Makube sê die bank word tans, soos ander sentrale banke wêreldwyd, in die gesig gestaar deur wegholinflasie, onsekerheid oor die duur en voortslepende impak op wêreldhandel van die oorlog tussen Rusland en Oekraïne, asook swakker plaaslike en globale groei.

Die verhoging van die repokoers is ’n verdere knou vir die landbousektor. Vertroue in dié sektor het volgens die landbousakekamer Agbiz en die nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC) se landbouvertroue-indeks gedurende vanjaar se derde kwartaal met sewe punte tot 53 punte gedaal.

Makube sê die grootste probleme sluit in hoër insetkoste, voortdurende uitbrekings van dieresiektes, onderbrekings in globale voorsieningskettings weens die oorlog, die herlewing van nie-tariefhandelsbeperkings en stygende rentekoerse. Nietemin is die feit dat die vertroue-indeks bo 50 punte bly ’n aanduiding dat die sektor ’n ommeswaai kan beleef.

Gunstige boerdery-omstandighede het volgens hom al voorheen boere se finansiële posisie ’n hupstoot gegee en hulle aangemoedig om hul boerderye uit te brei en die nodige masjinerie en gereedskap aan te skaf. Dit word bevestig deur vanjaar se uitstekende verkope van landboumasjinerie met die verkoop van stropers en trekkers wat met onderskeidelik 53% en 17% vergeleke met verlede jaar toegeneem het.

Hoër rentekoerse beteken egter dat dit meer kos om skuld af te betaal. Makube sê dit kan ’n demper op uitbreiding en verkope plaas en gevolglik marginale boere dwing om hul bedrywighede af te skaal. Diegene wat hulself reeds in ’n benarde finansiële situasie bevind, kan selfs besluit om die bedryf te verlaat.

“Insetkoste bly hoog te midde van die onsekerheid oor globale markte. Dit plaas ’n moontlike beperking op die verdere verbetering van produsente se marges op mediumtermyn,” sê Makube.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot