Sy het die staat opdrag gegee om regulasies te ontwikkel vir die toepassing van die Hoëveldse voorkeurgebied se lugbestuursplan. Dit is ontwikkel om die omgewing se lug te suiwer tot voorgeskrewe gesondheidstandaarde.
Collis het me. Barbara Creecy, minister van omgewingsake, bosbou en visserye, oor die vingers getik omdat sy haar wetlike plig om die regulasies te skryf en die Hoëveld-plan in werking te stel “onnodig vertraag” het.
Mpumalanga Landbou is saam met die aansoekers, groundWork en die gemeenskapsorganisasie Vukani Envi- ronmental Justice Movement in Action (Vukani), verheug oor die uitspraak, sê mnr. Robert Davel, uitvoerende hoof van Mpumalanga Landbou.