AFGRI
BEAN
01 Des
-
7443
0,00
CORN
01 Des
-
3693,68
0,00
SOYA
01 Des
-
7497
0,00
SUNS
01 Des
-
11232
0,00
WEAT
01 Des
-
6120
0,00
WMAZ
01 Des
-
3360
0,00
YMAZ
01 Des
-
3630
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

Hofstryd kom oor verbod op veilings

akkreditasie
Foto: Louw Pretorius
Foto: Louw Pretorius
Terwyl daar tans nog geen aanduiding is van hoe lank die landwye verbod op veeveilings nog gaan voortduur nie, sal ’n hofaansoek om die verbod op te hef in ander provinsies as Limpopo, waar bek-en-klouseer voorkom, waarskynlik op 14 Januarie aangehoor word.

Twee afslaers, JS Auctioneers en All Round Sterkfontein Auctioneers, het saam met ’n veeboere-koöperasie en besorgde boere landwyd ’n aansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien. Hulle vra die hof om die verbod op veilings in die ander provinsies op te hef.

Dit volg nadat bek-en-klouseer in November op plase noord van Polokwane ontdek is. Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het op 5 Desember die aanbieding van veilings en skoue van gesplete kloue daarmee landwyd verbied.

Samewerking

Die department het net voor die einde van 2019 aan die SAUK gesê daar is nog geen aanduiding wanneer die verbod opgehef sal word nie. Die departement sê daar is noue samewerking met die bedryf om beheermaatreëls gereed te kry. Wanneer dit in werking tree, kan die verbod opgehef word. Sowat 20 000 stuks vee op 14 plase in Limpopo word geraak.

Die minister van landbou, die direkteur-generaal van dié departement, die LUR vir landbou in die Noordwes en die direkteur van die direktoraat dieregesondheid is die respondente in die hofaansoek. 

Mnr. Andreas Peens, die opdraggewende prokureur, sê die aansoekers beskou die verbod as onredelik en buite verhouding met die probleem. Dit lei tot groot finansiële verliese vir afslaers én boere. Boere in saaigebiede verkoop hierdie tyd van die jaar vee om produksiemiddele vir die planttyd te koop.

Haalbaar

Mnr. Wilhelm Rochër, verteenwoordiger van die besorgde boere, sê in die hofstukke met geen vorige uitbreking van bek-en-klouseer was daar ‘n nasionale verbod op veilings geplaas nie. Hy sê daar is geen regverdiging vir die buitengewone administratiewe besluit van die minister nie. Terwyl veilings verbied is, word onbeheerde vervoer van beeste en skape nie net binnelands nie, maar ook vanuit Botswana toegelaat.

Rochër sê hy is ook betrokke in die vervoerbedryf en benadruk dat dit nie haalbaar is om diere oor ver afstande van veilings af te vervoer nie omdat dit die wins, wat reeds laag is, verder uitwis. Dit is byvoorbeeld nie kommersieel die moeite werd om diere van Dendron in Limpopo af na ‘n veiling in Lichtenburg in Noordwes te bring nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.04
-1.0%
Rand - Pond
21.28
-0.7%
Rand - Euro
18.15
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.39
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Goud
1,781.01
+0.3%
Silwer
22.26
-2.5%
Palladium
1,736.96
-0.3%
Platinum
935.00
-0.6%
Brent-ruolie
69.23
-5.5%
Top-40
64,786
+1.1%
Alle aandele
71,198
+1.0%
Hulpbronne 10
67,859
+0.9%
Industriële 25
93,997
+0.9%
Finansiële 15
13,880
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vreugde, Lewe, Wyn en Dans
EK is ń man wat vol energie is. My drome is groot en my verwagtinge is hoog. Daar is soveel mooi in wêreld en elkeen het ook sy skop gehad maar ek verkies om na jou...
Die lewe is 'n avontuur. Kom ons geniet dit saam.
Ek is 'n positiewe mens, van nature. Erg oor my kinders, familie en vriende. Gek oor my honde. En diere, die natuur. Hou van reis, en sloertoere. Lief vir kos maak. En...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot