AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Hondsdolheid tref Noordwes-beeskuddes

Hondsdolheid het in Noordwes kop uitgesteek.

’n Uitbreek van hondsdolheid het al minstens 21 beeskalwers in die gebied tussen Bloemhof en Schweizer-Reneke in Noordwes geëis.

Hulle is nou in die proses om al hul beeste teen die siekte te ent, sê mnr. Cassie Maree van die plaas London. Hy het al 10 kalwers verloor, en ’n buurman 11. Hulle vermoed die virus is deur ’n jakkals of rooimeerkat oorgedra.

Die vrektes by Maree het sowat drie weke gelede begin. Nadat longontsteking aanvanklik vermoed is, maar die vrektes aangehou het, het mnr. Maree die veearts op Bloemhof, dr. Cizelle Naude gekontak en raad gesoek. Na 'n deeglike telefoonkonsultasie met mnr. Maree, het die veearts aanbeveel dat hy die siek kalf skiet en die kop na haar toe bring. Die brein is uitgehaal en na Onderstepoort gestuur om teenwoordigheid van die hondsdolheidvirus te bepaal. Die uitslae het op Vrydag 3 Februarie 2017 teruggekom as positief. Op dieselfde dag het Mnr. Maree nog 'n dooie kalf Onderstepoort toe gevat. Prof. Leon Prozesky van Patologie het die nadoodse ondersoek gedoen en pas bevestig dat dit ook positief was.

Hy sê die siek kalwers het almal die eerste dag ophou suip, en die tweede dag begin bulk en skuim om die bekke gekry. Hulle was ook half verlam in die agterlyf. Binne drie tot vier dae vandat hy dié simptome gesien het, het die diere gevrek. Enige soogdier kan met hondsdolheid besmet word.

Dr. Jan van Wyk van die Fakulteit Veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria skryf op die Vra vir Faffa-blad op Landbou.com dat enige bees wat besonder hard en abnormaal kras bulk, uiters verdag en gevaarlik is tot die moontlikheid van hondsdolheid uitgeskakel kan word.

Dieselfde geld gevalle met abnormale speekselloop, veral wanneer dit met onvastheid op die voete gepaard gaan, veral in die agterlyf. Simptome van hondsdolheid by beeste kom dikwels baie ooreen met dít wat te siene is as ’n vreemde voorwerp in die keel of slukderm vassit.

Ná blootstelling aan die hondsdolheid-virus kan dit tot so lank as twee jaar duur voordat die siekte merkbaar is. Moderne entstowwe is baie doeltreffend, maar wanneer die eerste simptome voorkom, is dit reeds te laat en die dood onafwendbaar.

Daar is ook op 8 Februarie 'n hoogsverdagte hondsdolheidgeval in 'n hond van die informele nedersetting van Bloemhof gesien. Die hond het moontlik die paralitiese vorm gehad. Die dier is uitgesit en die brein in gliserosaliene na die OVI se Virologie Laboratorium gestuur. Uitslag van die ondersoek sal bevestig word sodra dit van die laboratorium ontvang is.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot