Die afdanking van dr. Andile Dyasi, uitvoerende hoof van Onderstepoort Biologiese Produkte, is deur die vakbond Solidariteit verwelkom.
Volgens Solidariteit het Dyasi sedert sy skorsing in April vanjaar die OBP reeds meer as R1 miljoen in vergoeding en verwante uitgawe gekos. Die OBP-raad het Vrydag in ? brief aan die Minister aanbeveel dat Dyasi onmiddellik afgedank word.
Die Minister van Landbou moet nou ingevolge artikel 28.1 van die Akte van Oprigting van die OBP, die raad se aanbeveling bekragtig. Intussen ontvang Dyasi steeds meer as R200 000 per maand vergoeding.
Mnr. Schalk de Bruin, Solidariteit-woordvoerder, sê ondanks oorweldigende bewyse van skokkende wangedrag deur Dyasi wat deur ‘n onafhanklike ondersoek aan die lig gebring is, swyg die Minister steeds.
Dyasi is vroeg in April geskors hangende ? ondersoek rakende sowat ? dosyn klagtes, waaronder beweerde bedrog, wangedrag, selfverryking, diskriminasie teen vakbonde en oneerlikheid. Dyasi is ná ? dissiplinêre ondersoek, deur ? onpartydige kenner, tydens ? dissiplinêre verhoor deur die OPB-raad skuldig bevind aan verskeie van die aanklagtes. Die raad het gevolglik aanbeveel dat hy onmiddelik afgedank moet word.
13 Oktober 2010