
Die hoogste vetwolprys van R126,00/kg vir die 2014/’15 wolseisoen is behaal deur mnr. Creighton Pringle van Thorndale, Adelaide en mnr. Stuart Dewing van Highlands, Cathcart.
Die rekordprys BFFH lyn van Pringle het 'n veseldikte van 15,9 mikron en ‘n skoongewig van 74% gehad. Die CFFY van Dewing het 'n veseldikte van 15 mikron en 'n skoongewig van 73% opgelwer.
Beide hierdie top pryse is behaal op BKB se wolveiling. New England Wool was die koper.