HOOGWATER. Die Oranjerivier, hier by die N8 net buite Groblershoop in die Noord-Kaap, het breed gevloei ná swaar reën en sterk vloei oor die feestyd in die Oranje- en Vaalrivier die vlak in die Benede-Oranjerivier laat styg het tot vlakke soortgelyk aan dié in Februarie 2021. Teen druktyd was wingerde, landerye en paaie nie oorstroom nie, maar by sommige plekke was dit baie naby, volgens mnr. Wilco Fourie, voorsitter van die Oranjerivier-landbou-unie. Die vier groot damme in die rivierstelsel was reeds in Desember 2021 almal vol. Volgens Fourie maak die departement van water en sanitasie nie damsluise in die Oranjerivierstelsel oop nie omdat die Gariep- en die Vanderkloofdam ’n sentrale oorloop het wat die uitloop tydens sterk invloei beperk. Die rosyne-, pekanneut- en wingerdbedryf in die Benede-Oranje, wat in die verlede al groot skade weens vloede gely het, wil egter ná vanjaar se reënseisoen met die departement gesprek voer en voorstelle maak rakende bestuur van watervlakke in ’n nat seisoen, soos om damme vroeg reeds op ’n 90%-vlak te bestuur om bufferkapasiteit vir swaar reënbuie te hê. FOTO: WILCO FOURIE
Die Oranjerivier, hier by die N8 net buite Groblershoop in die Noord-Kaap, het breed gevloei ná swaar reën en sterk vloei oor die feestyd in die Oranje- en Vaalrivier die vlak in die Benede-Oranjerivier laat styg het tot vlakke soortgelyk aan dié in Februarie 2021.
Teen druktyd was wingerde, landerye en paaie nie oorstroom nie, maar by sommige plekke was dit baie naby, volgens mnr. Wilco Fourie, voorsitter van die Oranjerivier-landbou-unie. Die vier groot damme in die rivierstelsel was reeds in Desember 2021 almal vol.
Volgens Fourie maak die departement van water en sanitasie nie damsluise in die Oranjerivierstelsel oop nie omdat die Gariep- en die Vanderkloofdam ’n sentrale oorloop het wat die uitloop tydens sterk invloei beperk.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.