
Mnr. Wiaan van der Linde, voorsitter van Wildbedryf SA, is ambisieus. Vroeër vanjaar, op die Vrystaatse Jongboer-konferensie, het hy gesê een van sy organisasie se strategiese doelwitte is om teen 2026 met 30 miljoen hektaar onder 30 miljoen stuks wild te hê – dit is 30% van die landbougrond in Suid-Afrika! Hy reken ook die bedryf kan 350 000 werksgeleenthede skep.
Van der Linde, self ’n eersteklas teler van buffels en swartwitpense, kom praat oor die moontlikheid van ’n florerende wildbedryf in die Wes-Kaap, op die oggend van 14 Oktober by die Agri-Expo Livestock.
Saam met hom praat nog vyf ander dinamiese en unieke sprekers. Peter Draper, die hoofspreker, is ’n ekonoom en politieke kenner. Hy praat oor die groot en veranderende magte in die internasionale handel en politiek, wat uiteindelik boere beïnvloed. Tebogo Magoshoa, voorsitter van die Tallis-groep en landboubelegger (vennoot van Jacques Beukes, die Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar), praat oor hoe grondhervorming en transformasie in die landbou eintlik vir boere ’n sake-geleentheid kan bied pleks van ’n bedreiging.
Nismark-beesboerdery Ons luister ook hoe Angus McIntosh, ’n voormalige aandelemakelaar in Londen, ’n hoëwaarde-nismark-beesboerdery op die been gebring het en nou die top-sjefs in Kaapstad van vleis voorsien. En ons hoor hoe Jeff Every een van die grootste projekte met nuwe boere in die land in die sukkelende melkbedryf op die been gekry het. En dan, net vir die lekkerte, luister ons na Theuns Stofberg, die voormalige Springbokkaptein, wat vertel oor sy speeldae en uitdagingsin die lewe. Vroegmiddag, nadat die manne klaar gepraat het, gaan konferensiegangers kuier met ’n bietjie braaivleis en iets verkwikkends – dis per slot van sake Vrydagmiddag!
Indien jy voor 5 Oktober bespreek, kry jy meer as 40% afslag.
Vir bespreking: Nolene Bezuidenhout, tel. 021 406 4573,