AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Hulp aan Zimbabwe-boere

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van links is mnre. Willie Spies van Hurter Spies Ing, Ben Freeth, Zimbabwese boer wie se plaas onteien is, en dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai. Foto: Nico van Burick
Van links is mnre. Willie Spies van Hurter Spies Ing, Ben Freeth, Zimbabwese boer wie se plaas onteien is, en dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai. Foto: Nico van Burick
Die netwerkorganisasie Saai gaan sy bystand verskerp aan boere van Zimbabwe wat al meer as 20 jaar lank vergeefs op vergoeding wag vir hul plase wat onteien is.

Saai, die netwerkorganisasie vir familieboere, het op ’n nuuskonferensie maatreëls bekend gemaak oor hoe onteiende Zimbabwese boere bygestaan gaan word in hul poging om vergoed te word. Buiten die regstappe wat voortgesit word, word ambassades onder meer ingelig oor die situasie en ’n beleggingsfonds vir die boere word op die been gebring.

Dr Theo de Jager, direksievoorsitter, sê Saai verteenwoordig sowat 500 families wie se plase in Zimbabwe onteien is en waarvan sommige nou in Suid-Afrika en Zambië woon. “Ons lede wil geregtigheid en vergoeding hê, of restitusie. Hulle wil ook gelyke burgerskap hê met die reg om eiendom te besit soos enige ander Zimbabwiër. Daarom het ons besluit op drie stappe om groter druk toe te pas.

“Die eerste stap was om buitelandse ambassades oor die stand van sake in te lig en in die tweede plek wil ons met die hulp van die media die publiek ingelig hou.”

Hy sê talle van hierdie boere het geen heenkome nie en moet staat maak op ’n tussentydse toelae van die Zimbabwiese regering. Dit is ’n paar dollar per maand en word nie eens gereeld uitbetaal nie. Hy sê toe die onteiening plaasgevind het, was die gemiddelde ouderdom van boere 63. Daardie gemiddelde ouderdom is nou 86 en baie van hierdie boere het geen ander besittings as hul titelkates nie.

“Daarom is ons in die proses om ’n fonds te begin waarmee daar ’n basiese toelae aan hierdie mense betaal kan word. Dit is ’n beleggingsinstrument waardeur beleggers van oor die wêreld kan inkoop op die bestaande titelaktes sodat wanneer die eienaar van ’n titelakte tot sterwe kom die eis nie ook tot ’n einde kom nie. Wanneer vergoeding kom, kan hulle die vrugte pluk van hul belegging.”

Die Zimbabwiese regering het boere in Julie 2020 vergoeding aangebied, maar nooit by die ooreenkoms gehou nie. ’n Nuwe aanbod behels nou betaling in staatseffekte wat eers oor 14 jaar verdiskonteerbaar is en die meeste van Saai se Zimbabwiese lede is nie daarvoor te vinde nie.

Mnr. Willie Spies, direkteur van Hurter Spies Ing., die regspan wat die boere verteenwoordig, het gesê dit is nou 23 jaar gelede dat die oppergesag van die reg vervang is deur die oppergesag van ’n mens. Terselfdertyd is eiendomsreg vervang met die politieke filosofie van onteiening sonder vergoeding. “Die resultate hiervan was verwoestend vir Zimbabwe, verwoestend vir die landbou daar en ook verwoestend vir die hele streek.”

Nadat die tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in November 2008 bevind het dat Zimbabwe se grondonteiening onregmatig was, het Zimbabwe die politieke weg gevolg om die tribunaal ontbind te kry. Die ontbinding het in 2014 plaasgevind en dit was ’n proses waarby Suid-Afrika betrokke was. Spies, wat sedert 2009 by die regsproses betrokke is, sê in Desember 2018 het die Grondwethof bevind die Suid-Afrikaanse regering se sameswering om die tribunaal ontbind te kry, was onregmatig en ongrondwetlik.

Op grond hiervan is 56 eise vir skadevergoeding vroeg in 2019 teen die regering ingestel vir skade wat boere in Zimbabwe gely het. Nadat in die guns van die eisers beslis is, het die regering die Grondwethof daaroor genader en daar word nou op ’n beslissing gewag voordat verder teen die regering opgetree kan word.

Oor hoekom dit so belangrik is, sê Spies ook in Suid-Afrika is daar die bedreiging van die oppergesag van die reg en eiendomsregte. “Eiendomsregte moet tot elke prys beskerm word. Aan die een kant moet die ongeregtighede in Zimbabwe van 23 jaar gelede reggestel word en aan die ander kant moet verhinder word dat dit hier ook gebeur.”

Hy sê daar kan verdere stappe wees om oor Zimbabwese staatsbates beslag te lê. “Die belangrikste is dat geregtigheid moet geskied al duur dit 50 of 100 jaar en al moet ons kinders en kleinkinders die regstryd voortsit.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.30
+0.5%
Rand - Euro
19.63
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+1.8%
Platinum
967.40
+0.8%
Palladium
1,436.35
+1.4%
Goud
1,963.81
-0.5%
Silwer
23.33
+0.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot