
Een van die bekendste Merinoplase in Australië, Collinsville, is verkoop. Dit is net die vierde keer dat dié plaas in sy geskiedenis van 125 jaar van eienaar verwissel.
Luidens die webwerf The Land is die nuwe koper ’n jong Australiese sakeman, mnr. George Millington (39) van Adelaide. Hy het die plaas vir ’n onbekende bedrag by mnr. Paddy Handbury, ’n familielid van die mediamagnaat Rupert Murdoch gekoop.
Volgens Collinsville se webwerf is die genetika van dié stoetery jaaliks verantwoordelik vir meer as 1 miljoen bale wol wat in Australië geproduseer word, en die boerdery verkoop jaarliks sowat 1 000 ramme. Elke wolproduserende land het al van Collinsville se genetika gebruik.
Die Collinsville-boerdery is in 1889 begin toe John Collins sowat 50 000 acre (20 234 ha) grond gekoop en die Collinsville Merinostoetery in 1895 geregistreer het.
Die Collins-familie het die plaas tot aan die einde van die 1980’s besit. In die tyd het dit seker dié bekendste en mees suksesvolle Merinostoetery in die wêreld geword. Dit is verkoop aan Handbury. Die plaas is in November 2013 aan die derde koper verkoop.
Collinsville beslaan nou 56 000 ha, waarop 7 000 Merino’s aangehou word.
* ’n Collinsville-ram is onlangs vir R660 00 verkoop.
Bron: The Land