Afrika-lande moet die risiko’s wat in die internasionale ekonomiese krisis opgesluit lê, fyn dophou, waarsku die Internasionale Monetêre Fonds (IMF).
Luidens ‘n berig op Sake24.com het me. Christine Lagarde, besturende direkteur, dié boodskap Dinsdag, 20 Desember 2011, aan afgevaardigdes in Lagos, Nigirië, oorgedra.
“Die wêreld-ekonomie bevind hom in ’n gevaarlike fase. In ons laaste vooruitskouing het ons nog internasionale groei van 4% vir vanjaar en volgende jaar verwag. Maar vandag lyk die groeivooruitsigte baie flouer,” aldus Lagarde.
Die wêreld-ekonomie beweeg tans in ‘n afwaartse spiraal van tanende vertroue, gebrekkige groei en minder werkgeleenthede, en Largarde waarsku dat volgehoue gedempte ekonomiese vooruitsigte ‘n demper kan plaas op die vraag na uitvoere uit Afrika. Sy sê verder beleide gaan voortaan ‘n fyn balans moet handhaaf om lande te help om die krisis te hanteer.
Bron: Sake24.com
21 Desember 2011