AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Indiese stoftrapper vir Afrika

Hierdie nuwe stoftrapper uit Indië lyk redelik reg gerat vir ’n Afrika-riel of twee…

Die stroom nuwe oorgangs- (‘crossover’) en sportnutsvoertuie (SNV) van talle vervaardigers laat ‘n mens wonder of ander lande se padinstandhouding ook dikwels agterweë gelaat word.

Mahindra se kordate XUV100 is dié Indiese vervaardiger se jongste mededinger in ’n baie woelige marksegment. Dalk is dit net die regte gou-gou dorp-toe- gaan buksie of ‘n kind op universiteit se karjakkerkar.

Die nuweling skuur glo skouers met die Suzuki Swift, Hyundai Grand i10, Toyota Etios Cross èn die Ford Figo. Die kompakte bakontwerp spog met interessante lyne en ’n voorkant wat jou aan die jongtse Land Rover Evoque herinner! Die dofswart-afwerking van die wielboë, ’n skutplaat onder die enjin/ratkaskombinasie en bagasierelings op die dak rond die prentjie af.

Met ’n gawe grondvryhoogte van 170 mm staan die XUV100 lekker hoog en dit is maklik om jou sit op die regop sitplekke te kry. Binne word deurgaans harde tweekleur-platiekafwerking gebruik en die rathefboom in die voorste paneel skep ’n onbelemmerde plat vloer met paar interessante pakplekke. Veiligheid is geensins afgeskeep nie en selfs die intreevlakmodel het lugsakke voor, ’n sluitweerremstelsel (ABS) met elektroniese remkragverspreiding (EBD) èn kindersklotte. Alle modelle het immobiliseerders.

Die vyf XUV100-modelle kry hulle woema van ’n driesilinder petrol- of ’n dieselenjin en vyfgang-handratkas wat voor dwars gemonteer is en die voorwiele aandryf. Die K4+-intreevlakmodel is net met die petrolenjin (61 kW/115 Nm) te kry. Die K6+- en K8-modelle bied kopers die keuse tussen die petrolenjin of die turbo-diesel (57 kW/190 Nm).

Die XUV100’s is besonder goed toegerus en bied ’n ferm rit met redelike goeie hantering op grondpaaie. Die driesilinderenjins het ‘n kenmerkende dreuning. Terwyl die petrolmodel nogal flink met die wegspringslag is, raak dit ongelukkig ook redelik uitasem só teen 120 km/u. Daarteenoor is die turbo-dieselenjin meer gewillg wat selfs teen die wettige 120 km/u nog oor genoeg reserwe trekkrag beskik.

Die XUV100 se pryse strek van R149 995 vir die K4+ (petrol) tot R197 995 vir die K8 (turbodiesel). Dit sluit ’n waarborg van drie jaar of 100 000 km en ‘n diensplan vir drie jaar of 50 000 km in.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.7%
Rand - Pond
19.33
+0.3%
Rand - Euro
17.38
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.68
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,621.66
-1.3%
Silwer
18.34
-2.8%
Palladium
2,047.50
-1.2%
Platinum
852.00
-0.8%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Let's write our journey together
I am a happy and outgoing person. Have a passion for animals and nature. I love to travel and discover new things. Love to have fun and and enjoy life in general. I think my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot