AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Indringerwet kom stadig op dreef

Daar is tot op hede nog geen gevalle van misdrywe rondom indringerplante aangemeld nie.

Nuwe omgewingsregulasies oor indringerplante kan grondeienaars miljoene rande aan boetes kos, maar tot dusver vorder die toepassing daarvan maar stadig.

Die regulasies op uitheemse en indringerplantsoorte val onder die Wet op Nasionale Omgewingsbiodiversiteit (Wet 10 van 2004), en bevat ’n lys van 559 indringerplante, onder meer rooikrans, langblaarwattel en portjackson. Die wet verplig grondeienaars om die Departement van Omgewingsake te voorsien van ’n lys van al die gelyste indringerplante op hul grond, en ook om dié plante te bekamp, uit te roei en verdere verspreiding te voorkom.

Indien grondeienaars nie saamwerk nie, kan die Departement van Omgewing sake ’n bevel uitvaardig om die grondeienaar tot samewerking te dwing. Grondeienaars wat nie daaraan voldoen nie, is skuldig aan ’n misdryf, en kan ’n boete van tot R5 miljoen (vir ’n eerste oortreder) of tot R10 miljoen (vir verdere oortredings) opgelê word, of tronkstraf van tot 10 jaar.

Me. Monique Ditewig, ’n eiendomsregprokureur by Boy Louw Ingelyf in Paarl, sê enigiemand wat van plan is om grond te verkoop waarop gelyste indringerplante voorkom, is verplig om die koper daaroor in te lig.

“Alhoewel daar geen spesifieke verpligtinge uiteengesit word in die wet en die regulasies wat spesifiek op kopers van toepassing nie, is daar geen verpligting op potensiële verkopers om die betrokke indringerplante op die grond, uit te roei voor dit verkoop word nie.”

Die statutêre verpligting om verdere verspreiding van die plante te voorkom, word dus aan die nuwe eienaar oorgedra. Enige voornemende koper moet van dié wetgewing, en die stand van die grond, bewus wees.

Wetlike verpligtinge

Me. Kay Montgomery van die nie-regeringsorganisasie Invasive Species South Africa sê grondeienaars moet in ag neem dat problematiese indringerplante die waarde van jou grond aansienlik laat daal.

“Indien jy ’n bevel ontvang, kan jy reusebedrae, wat etlike miljoene rande beloop, aan arbeid en toerusting moet bestee om van daardie plante ontslae te raak.” Ofskoon die onus op grondeienaars rus om die regulasies na te kom, meen Ditewig eiendomsagente en prokureurs wat betrokke is by grondverkope moet seker maak verkopers kom hul verpligting na.

Volgens mnr. Boy Louw, Wes-Kaapse prokureur vir Agri SA, is daar tot op hede nog geen gevalle van misdrywe aangemeld nie. “Die wetgewing is redelik nuut en ons begin nou eers werklik sien hoe owerhede bevele uitreik. In al die gevalle waarvan ek weet, het die grondeienaars opgetree en planne vir die skoonmaak van indringerplante ingestel waarmee die owerhede tevrede was.”

Besoek www.invasives.org.za/plants/plants-a-z vir die volledige lys indringerplante.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot