AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9212
58,00
CORN
07 Okt
-
4811
-7,00
SOYA
07 Okt
-
8805
45,00
SUNS
07 Okt
-
10625
145,00
WEAT
07 Okt
-
7203,2
-6,80
WMAZ
07 Okt
-
5061
1,00
YMAZ
07 Okt
-
4832
-18,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Inenting van pluimvee in SA teen H5N8?

Die pluimveebedryf en die staat vergader binnekort oor voorstelle vir die inenting van pluimvee teen die H5N8-virus.

’n Baie streng en goed deurdagte uittreestrategie, gegrond op wetenskaplike bewyse, blyk die enigste uitweg vir die land te wees om sy pluimveebedryf van die hoogs aansteeklike H5N8-virus te red.

Dit kom nadat die pluimveebedryf, wat reeds meer as 600 000 hoenders en duisende eiers weens die virus verloor het, die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye versoek het om toe te laat dat die voëls teen die virus ingeënt moet word.

Geen van die volstruise by twee volstruisplase by Heidelberg in die Wes-Kaap, wat positief vir die virus getoets het, het nog daarvan gevrek nie en is ook nie uitgeslag nie. Die plase is wel onder kwarantyn geplaas en toetse word voortdurend op die voëls gedoen.

Verskeie plase

Mpumalanga, Gauteng, Kwazulu-Natal en Noordwes word ook deur die virus geraak en altesaam 24 uitbrekings het plaasgevind. Dit is op tien kommersiële plase, drie uitbrekings onder volstruise, drie onder werfhoenders, vyf onder wilde voëls en drie by voëls wat as troeteldiere aangehou word.

Dr. Mpho Maja, nasionale direkteur vir dieregesondheid by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, het gesê wanneer met inenting begin word, sal hulle presies moet weet wanneer en hoe die inentingsproses gestop moet word, om nie ’n endemiese siektetoestand te skep nie. Die departement het duur lesse geleer toe hy sowat 15 jaar gelede toegelaat het dat voëls teen die H6-virus ingeënt word. “Ons het ongelukkig ’n endemiese situasie geskep weens daardie aksie.”

Maar, met die lesse geleer uit hierdie voorval, stel dit die land in ’n posisie om hierdie keer die foute van die verlede te omseil.

Min lande doen inenting

Bitter min lande volg egter die inentingsroete. “Die meeste lande was ongelukkig nie suksesvol om deur inenting ontslae van die siekte ontslae te raak nie.”

Maja het gesê die departement sal kyk na die suksesse en die mislukkings van die onderskeie lande wat inentings gedoen het om die beste besluit vir die plaaslike pluimveebedryf te kan neem.

Egipte, wat een van die lande was wat sy hoenders teen die virus ingeënt het, het agterna aangedui dat hierdie voorkomingsmaatreël ’n fout was.

Vrugbare eiers

Die bedryf het reeds sy voorstel by die departement ingehandig vir inenting, asook dat vrugbare eiers ingevoer moet word om die gaping toe te maak wat ontstaan het weens die uitslag van die voëls.

Maja het aangedui dat dié eiers onder streng kwarantynmaatreëls vanaf Brasilië ingevoer sal word.

Mnr. Piet Kleyn, hoof uitvoerende beampte van die Volstruissakekamer, het uitgelig dat die viruslading in die omgewing is so hoog dat die beste biosekuriteit op die oomblik verbreek en dat slim gespeel moet word hoe nou teen die virus opgetree kan word.

Die virus is een wat die wêreld nog nie voorheen beleef het nie. Suid-Korea het 40 miljoen stuks pluimvee van kant gemaak, sonder om die probleem op te los. “Dit is moeilik om te sê deur die vrekmaak van die voëls of natuurlike uitfasering van die virus in die omgewing die virus stop. Ek dink dit gaan alles op die einde van die dag oor die volhoubaarheid in die toekoms. Ons moet kyk wat is die beste oplossing, nie net vir Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd want op die oomblik is die strategie (om voëls van kant te maak) nie volhoubaar nie.”

Die departement en die bedryf vergader binnekort om dié voorstelle te bespreek.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-0.0%
Rand - Pond
20.14
-0.2%
Rand - Euro
17.64
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,711.57
-0.1%
Silwer
20.75
+0.5%
Palladium
2,261.03
-0.0%
Platinum
929.86
+0.5%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,144
-0.5%
Alle aandele
65,519
-0.5%
Hulpbronne 10
63,241
-0.1%
Industriële 25
79,412
-0.8%
Finansiële 15
13,986
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
n Man opsoek na n maatjie
Ek is n Christen en soek n Christen maatjie. Ek leef eenvoudig, is baie lojaal en hou van vrede in my lewe. Ek is n introvert maar kan sosiaal wees as ek moet. Ek verkies...
Om my te Ken is om my lief te he
Sag dinamiese persoon wat iemand altyd eerste stel en respekteer,. Hou van eerlike opregte mense wat nie my tyd mors nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot