AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Ingonyama-trust se toekoms in weegskaal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Mike Burgess
Foto: Mike Burgess
Ná ’n jare lange gesukkel om die Ingonyama-trust te kry om volledig oor sy geldsake verslag te doen en die omskakeling van die bewoners se wetlike erkende bewoningsreg in huurkontrakte, is die trust se toekoms in die weegskaal.

’n Regsmening sal ingewin word om die beste pad vorentoe vir die Ingonyama-trust te bepaal, het die parlement se portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling besluit.

Dit kom ná ’n jare lange gesukkel om die trust te kry om volledig oor sy geldsake verslag te doen en die omskakeling van die bewoners se wetlike erkende bewoningsreg in huurkontrakte.

Die trustraad het uitstel gevra vir die indiening van die trust se finansiële verslag vir die 2020-’21-boekjaar, wat beteken die ouditeur-generaal (OG) se oudit is ook vertraag. Die trustraad glo slegs hy en nie die trust nie is onderhewig aan die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (Wet 1 van 1999). Volgens die raad is die Ingonyama-trustraad ’n openbare entiteit wat deur die OG geoudit kan word en nie die Ingonyama-trust nie.

Opsies

Hoofman Mandla Mandela, voorsitter van die portefeuljekomitee, sê daar is twee opsies vir die komitee. Die een is die hersiening en wysiging van die Kwazulu-Natalse Ingonyama-trust-wet (Wet 3 van 1994) om te verseker dat die trustraad en die trust só funksioneer dat gemeenskappe en huishoudings wat op die Ingonyama-grond woon, bemagtig word. Die tweede een is die skrap van die wet en dan word die grond onderhewig gestel aan die Wet op die Opgradering van Grondbesit (Wet 112 van 1991) wat ’n verblyfregregime te weeg bring wat reg oor Suid-Afrika van toepassing is.

Verskeie komiteelede het vroeër in die vergadering, waar die trustraad die 2020-’21-jaarverslag bespreek is, voorgestel dat ’n forensiese ondersoek na die geldsake van die trust gedoen moet word en dat die entiteit onder administrasie geplaas moet word. Die raad het versuim om die finansiële state van die trust betyds in te dien, wat meegebring het dat die 2020-’21-jaarverslag waaroor die portefeuljekomitee oorsig moes doen, nie geldstate ingesluit het nie.

Mandela sê die komitee sal sy plig versaak as hy die Ingonyama-trustraad se verslag aanvaar sonder die finansiële state van die Ingonyama-trust. Dit is duidelik dat die trustraad se poging om ’n jaarverslag sonder finansële state in dien, gesien kan word as ’n totale verontagsaming van die rekenpligtige en oorsigfunksie wat die portefeuljekomitee moet volg.

“Onlangse hofuitsprake het uitgewys dat die Ingonyama-trustraad sy grense oorskry het ten opsigte van die administrasie van grond oor wat dit kan doen en nie kan doen nie. Dit laat ons met die vraag of die model van die Ingonyama-trustraad en die Ingonyama-trust nageboots kan word. In my opinie, en gegewe die Ingonyama-trustraad se vorige prestasies voor hierdie en voorafgaande komitees, laat die model veel te wense oor.”

Die komitee het nie die 2020-’21-jaarverslag aanvaar wat die raad ter tafel gelê het nie.

Huurgeld

Die Ingonyama-trustraad het reeds aangedui hy teken appèl aan teen die beslissing van die hooggeregshof in Pietermaritzburg in Junie vanjaar dat die huurooreenkomste wat hy met bewoners van trustgrond gesluit het, onwettig is en dat al die huurgeld aan die bewoners terugbetaal moet word.

Die landelike vrouebeweging (RWMKZN) in KwaZulu-Natal en die raad vir die bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (CASAC) het namens sewe bewoners die Ingonyama-trustraad voor die hof gedaag om die trust se onwettige omskakeling van begunstigdes se bewoningsreg na huurpag om te keer. Die trustraad het al in 2007 die besluit geneem dat hy nie meer bewoningsreg gaan toestaan nie en dat huurkontrakte vir nuwe verblyfaansoeke uitgereik moet word. In die 2018-’19-boekjaar is sowat R90 miljoen se huurgeld ontvang.

Portefeuljekomiteelede wou weet wat die situasie rakende die terugbetaal van die huurgeld is.

Regter Jerome Ngwenya, voorsitter van die direksie vir die Ingonyama-trust, het gesê aangesien appél aangeteken is, is geen geld sover terugbetaal nie.

Hy het gesê dat verskillende sienings oor die uitspraak bestaan en hy sien dit glad nie as “grensverskuiwend nie, maar dat dit eerder meer verwarring veroorsaak het”. Uit respek vir die hofuitspraak verwerk die raad nie residensiële huurooreenkomste tot die finale uitslag van ’n ander hof gelewer is nie. Personeel is intussen gevra om die residensiële huurooreenkomste te identifiseer en dit eers eenkant te sit en ook te bepaal hoeveel huurgeld ontvang is.

Sodra dit gefinaliseer is, sal dit aan me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, bekend gemaak word. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
19.27
+0.6%
Rand - Euro
17.38
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,634.02
-0.6%
Silwer
18.70
-0.9%
Palladium
2,061.00
-0.6%
Platinum
856.50
-0.2%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Bleh
Plat op die aarde tipe mens soek n maatjie om dinge saak te doen🤭🙃en dinge saam meer te geniet
Hang jou drome in die wind, sodat hulle kan leer vlieg.
My persoonlikheid is baie aanloklik Baie vriendelik en baie reguit. Hou glad nie van brand kosse nie. Hou baie van pastas asook hou van geleentheids avontuure. Buitelig mens My...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot